Followers

Friday, 7 November 2025

Daniel en Ester: Gehoorsaamheid!!

 

Hallooo!! Ons is terug. Vandag gaan ons oor gehoorsaamheid praat!! Gehoorsaamheid aan God is noodsaaklik en belangrik. God sal jou beloon vir gehoorsaamheid. Jy moet altyd na God luister en sy stem gehoorsaam. Selfs wanneer dit lyk asof jy in 'n teenoorgestelde rigting gaan. Jy moet eerder aan God gehoorsaam wees as mense. God se stem kom altyd eerste. Daarom is dit so belangrik om die Woord van God te bestudeer, op die Woord te fokus, die Woord te spreek en ook om die Woord van God te oordink dag en nag. Kyk na Abraham se lewe. Kyk hoeveel God hom geseën het as gevolg van sy gehoorsaamheid. As gevolg van Abraham se gehoorsaamheid het God 'n ewige verbond met hom gesluit. God het vir Abraham gesê: "Deur jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het." Genesis 22:18: Dit is so belangrik om in God se wil vir ons lewens te wees. Mense sal vir jou sê watter rigting jy moet gaan, maar jy moet doen wat God vir jou sê. Hy het die eerste en laaste sê.

Gehoorsaamheid maak die deur oop vir seëninge. Dit is so so belangrik om na God se stem te luister, om Hom te gehoorsaam!! Lees Genesis 12, 15 en 22. Dit gaan oor Abraham, hoe hy God se bevele gehoorsaam het en hoe God hom geseën het. Ons moet dieselfde geloof as Abraham hê. Jy moet God altyd eerste stel. Dit is so belangrik om die Woord van God te oordink, die Woord te bestudeer, op die Woord te fokus en die Woord van God te spreek!! Om God te gehoorsaam is 'n sleutel tot seënninge.  Spandeer tyd saam met God!! Sien jouself in die Woord van God. Word nie net hoorders nie, maar ook doeners van die Woord van God! Moenie rondkyk nie, fokus net op God! As God dit gesê het, doen dit! Moenie dat mense jou daarvan afpraat nie. Gehoorsaam God altyd, vir ewig en altyd en altyd!! Laat God jou Bron wees en gehoorsaam Hom eerste!

No comments:

Post a Comment

Volg:

              Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za