Followers
Sunday, 23 November 2025
Daniel en Ester: Die voordele van wedergebore Christen!!
Hallo! Ons is terug! Ons praat vandag oor die voordele van wedergebore Christen! Omdat jy jou lewe aan Jesus gegee het, woon God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees binne-in jou. Jy is anderster as die wêreld. Jy loop, praat en tree anderster op as die wêreld. Jy wandel in die Lig. Die wêreld wandel in die duisternis. Jy sal geen vrees hê nie, want Hy wat groter is as die wêreld , leef binne-in jou. 2 Timoteus 1:7: "Want God het ons nie 'n gees van vrees en lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing." As gevolg van die Gees in jou, sal jy die vrug van die Gees hê. Galasiërs 5:22-23: "Maar die Heilige Gees bring hierdie soort vrugte in ons lewens voort: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Daar is geen wet teen hierdie dinge nie!" Daar sal altyd hoop wees. Moet nooit opgee nie. Die wêreld kan moed opgee, maar vir 'n Wedergebore Gelowige, is daar altyd hoop. Ons wandel met vreugde en vrede. Die vrede wat Jesus vir ons gegee het, ken die wêreld nie. Johannes 14:27: “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. Maak nie saak wat om ons aangaan nie, as 'n Wedergebore Gelowige het ons vrede, vreugde, liefde, hoop. Onthou dat Jesus oorwin het. Ons het die oorwinning. Johannes 16:33: "Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin." As 'n Wedergebore Gelowige kan jy wandel met liefde, vrede vreugde, hoop, geen vrees en geen bekommernisse nie. Hebreërs 13:5-6: "God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie. Daarom kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?" Hy is altyd aan jou kant. Aanvaar Jesus vandag in jou lewe en jy sal 'n totale ander lewenstyl sien.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Jy moet weer gebore word om die Koninkryk van God binne te gaan!! 1. Johannes 3: “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwa...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...

No comments:
Post a Comment