Vind die Bybelverse in:
1. Miga 7:
2. Maleagi 4:
3. Johannes 5:
4. Filippense 1:
5. Lukas 18:
6. 2 Korintiërs 4:
7. 1 Tessalonisense 5:
8. Josua 21:
9. Johannes 15:
10. Psalm 34:
11. Hebreërs 9:
1. "As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en dit sal vir julle gebeur. Hierdeur word my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra en so my dissipels is."
2. "Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom."
3. "Hy sal dit ook doen, want Hy wat julle roep, is getrou."
4. "Daarom is Hy die Middelaar van 'n nuwe verbond tussen God en mense, sodat almal wat geroep is, die ewige erfenis kan ontvang wat God hulle belowe het. Want Christus het gesterf om hulle vry te maak van die straf van die sondes wat hulle onder daardie eerste verbond gepleeg het."
5. "As die regverdiges om hulp roep, hoor die Here hulle en red Hy hulle uit al hulle benoudhede."
6. "Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi."
7. "Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal."
8. "Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan."
9. "Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat die goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Christus Jesus kom."
10. "Maar Hy het gesê: "Wat vir mense onmoontlik is, is vir God moontlik."
11. "Ons word in alles verdruk, maar nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie wanhopig nie; ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; neergewerp, maar nie vernietig nie."
No comments:
Post a Comment