Followers

Tuesday, 9 September 2025

Gehoorsaamheid aan God!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  1 Johannes 3:

2.  Johannes 14:

3.  1 Samuel 15:

4.  2 Korintiërs 5:

5.  Spreuke 3:

6.  Lukas 6:

7.  Jakobus 1:

8.  Markus 13:

9.  Eksodus 27:

10.  Psalm 111:

11.  Johannes 15:

12.  Deuteronomium 28:

13.  1 Johannes 5:

14.  Romeine 10:

15.  Hebreërs 7:

16.  1 Johannes 3:

17.  Johannes 15:


B.


1.  "Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.  Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het."


2.  “Al hierdie seëninge sal oor jou kom en by jou bly wanneer jy die Here jou God gehoorsaam."


3.  "Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word."


4.  "As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly."


5.  "Hiéraan weet ons dat ons die kinders van God liefhet: wanneer ons God liefhet en sy gebooie onderhou. Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof."


6.  "Jesus sê vir hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."


7.  "Wie sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom. Hiéraan weet ons dat Hy in ons bly: Hy het ons sy Gees gegee."


8.  "Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme."


9.  "en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind."


10.  "Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom."


11.  "Vertrou op die Here met jou hele hart en moenie op jou eie insig staatmaak nie."


12.  "Bly in My, en Ek sal in julle bly. Want 'n loot kan geen vrug dra as dit van die wingerdstok afgesny word nie, en julle kan nie vrug dra as julle nie in My bly nie."

No comments:

Post a Comment

Volg:

              Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za