Followers
Tuesday, 9 September 2025
Daniel en Ester: Die manier waarop ons leef! Deel 1!!
Hallo! Vandag gaan ons praat oor: Die manier waarop ons leef! Deel 1: As Wedergebore gelowiges moet ons anderster lyk, praat en optree as die wêreld. Ons moet dit op Jesus se manier doen. Ons moet met liefde, hoop, vreugde en vrede wandel. Wees die lig in die wêreld. Wees altyd gehoorsaam aan wat Jesus sê. Gehoorsaamheid is die sleutel tot die seëninge wat God vir jou het. Moet nooit kompromieë aangaan nie. Mense gaan jou haat, oor jou skinder en hulle rug op jou draai. Jy gaan vriende verloor, selfs familie. Ons is hier om God tevrede te stel en nie mense nie. Ons moet Jesus eerste in ons lewens stel en gehoorsaam wees aan Sy stem en nie aan die wêreld se stem nie. Die wêreld se manier sal sê jy kan nie, maar Jesus se manier sê jy kan alles deur Christus doen. Lukas 21:17: "Almal sal julle haat as gevolg van My, maar nie 'n haar van julle kop sal verlore gaan nie. Staan vas, en julle sal die lewe wen." Handelinge 5:29: "Petrus en die ander apostels het geantwoord: “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan mense!” Filippense 4:13: “Want Ek is in staat om alles te doen deur Christus wat my krag gee.” Staan vas ongeag wat rondom julle aangaan. Moenie na julle omstandighede kyk nie, maar na God. Soek God eerste in alles wat julle doen, en nie mense nie. Matteus 6:33: “Soek die koninkryk van God bo alles en lewe regverdig, en Hy sal julle alles gee wat julle nodig het.”
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Jy moet weer gebore word om die Koninkryk van God binne te gaan!! 1. Johannes 3: “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwa...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...

No comments:
Post a Comment