Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart."
A. Handelinge 10:
B. Hebreërs 4:
C. Markus 8:
2. "Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode."
A. Kolossense 3:
B. Jakobus 5:
C. Romeine 1:
3. "Die geloof kom dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God."
A. Handelinge 13:
B. Johannes 17:
C. Romeine 10:
4. "Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie."
A. Galasiërs 5:
B. Markus 8:
C. Jakobus 1:
5. "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek. Dit is God se manier om sy mense voor te berei vir hulle taak, ten volle toegerus vir elke goeie ding wat Hy wil hê hulle moet doen."
A. Lukas 11:
B. 2 Timoteus 3:
C. 1 Johannes 5:
6. "Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God."
A. Johannes 10:
B. Markus 13:
C. 1 Petrus 1:
7. "U woord is 'n lamp vir my voet en 'n lig op my pad."
A. Psalm 130:
B. Psalm 145:
C. Psalm 119:
8. "Maar nou vertrou ek julle aan God toe en aan die woord van sy genade. Die woord is magtig om julle op te bou en julle in die seëninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfdeel belowe het."
A. Matteus 25:
B. Handelinge 20:
C. Lukas 23:
9. "Ons dank God dan ook gedurig daarvoor dat julle die boodskap van God wat julle van ons gehoor het, ontvang en aangeneem het in die oortuiging dat dit nie mensewoorde is nie, maar die woord van God. En dit is ook inderdaad die woord van God, soos die uitwerking daarvan op julle wat glo, bewys."
A. Efesiërs 5:
B. 1 Tessalonisense 2:
C. Romeine 8:
10. "Net so is dit met die woord wat uit my mond kom: Dit sal nie leeg na My toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek verwag en die doel bereik waarvoor Ek dit gestuur het."
A. Genesis 50:
B. Jesaja 55:
C. Jeremia 52:
11. "Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het."
A. Matteus 20:
B. Handelinge 10:
C. Johannes 15:
No comments:
Post a Comment