Followers

Thursday, 11 September 2025

Daniel en Ester: Die manier waarop ons leef: Deel 2!!



As Wedergebore Gelowiges moet ons soos Jesus wandel, praat en optree. Jesus is ons Voorbeeld van hoe ons moet leef. 1 Petrus 2:21: "Want God het julle geroep om goed te doen, al beteken dit lyding, net soos Christus vir julle gely het. Hy is julle voorbeeld, en julle moet in sy voetstappe volg." Daar gaan moeilike tye en omstandighede wees, maar wees vol van blydskap!  Moenie bang wees nie, moenie bekommerd wees nie, moenie paniekerig raak nie, moenie angstig wees nie. Johannes 16:33: "Ek het dit alles vir julle gesê sodat julle vrede in My kan hê. Hier op aarde sal julle baie beproewinge en smarte hê. Maar hou moed, want Ek het die wêreld oorwin." Ons moet in oorwinning leef en nie in nederlaag nie. Die oorwinning is ons s'n deur Christus! Wees gelukkig, vreugdevol, vol liefde, hoop en vrede sodat die wêreld die Jesus-lig in jou kan sien. Jy is 'n Kragbron. Omdat God die Vader, Jesus die Seun en die Heilige Gees binne-in jou woon. 1 Johannes 4:4: "omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is." Romeine 8:11: "Die Gees van God wat Jesus uit die dood opgewek het, woon in julle. En net soos God Christus Jesus uit die dood opgewek het, sal Hy ook deur dieselfde Gees wat in julle woon, aan julle sterflike liggame lewend maak." Leef in oorwinning, leef in liefde, vreugde, vrede en hoop. Moet nooit moed opgee nie. Die duiwel wil hê jy moet moed opgee, hy wil hê jy moet vol vrees wees, hy wil hê jy moet paniekerig raak, hy wil hê jy moet glo dat daar geen hoop en geen toekoms is nie. Hy wil jou lewe vernietig. Moenie na die duiwel se leuens luister nie. Hy is oorwin. Ons het die oorwinning!! Ons is oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet! Johannes 10:10: "Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed kan hê."


No comments:

Post a Comment

Volg:

              Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za