Vind die Bybelverse in:
1. Titus 1:
2. Romeine 8:
3. Johannes 8:
4. Deuteronomium 7:
5. Numeri 23:
6. 2 Kronieke 7:
7. Romeine 6:
8. 1 Konings 8:
9. Eksodus 15:
10. Psalm 23:
11. Jakobus 4:
1. "Die Here moet geprys word, Hy wat aan sy volk Israel 'n rusplek gegee het, net soos Hy beloof het. Nie een van al sy goeie beloftes wat Hy by monde van sy dienskneg Moses gemaak het, het onvervuld gebly nie."
2. "Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here."
3. "en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.
4. "Onderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug."
5. "As julle goed luister na die Here julle God en doen wat vir Hom reg is, gehoorsaam is aan sy wette en reëls, dan sal Ek julle nie dieselfde dinge laat oorkom as die Egiptenaars nie. Ek is die Here wat julle gesond sal hou.”
6. "'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig."
7. "en wat hoop gee op die ewige lewe. God wat sy woord hou, het die ewige lewe lank gelede aan ons belowe.
8. "Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."
9. "Eers as die Seun julle vrymaak, sal julle werklik vry wees."
10. “Weet dan nou: die Here jou God, Hy is God. Hy is die betroubare God wat sy verbond in stand hou en sy troue liefde betoon tot aan die duisendste geslag van hulle wat Hom liefhet en sy gebooie gehoorsaam."
11. "God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sou verander nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?"
No comments:
Post a Comment