Followers

Thursday, 11 September 2025

Die Woord van God is Krag!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Johannes 17:

2.  Jakobus 1:

3.  Johannes 6:

4.  Johannes 1:

5.  Handelinge 6:

6.  Jeremia 15:

7.  Matteus 4:

8.  Spreuke 12:

9.  Psalm 107:

10.  1 Korintiërs 1:

11.  Spreuke 18:


1.  "Toe U gepraat het, het ek noukeurig geluister. Ek het elke woord ingeneem. U woorde het my bly gemaak. Dit het my opgewonde gemaak om te weet dat ek aan U behoort, o Here , God, die Almagtige."


2.  "Die tong het mag oor dood en lewe; dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra."


3.  "Maar Hy antwoord: “Daar is geskrywe: ‘Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.’ ”


4.  "Daar is mense wat dinge sal sê wat seermaak. ’n Wyse mens se woorde bring eerder genesing."


5.  "Met ’n woord wat Hy gestuur het, het Hy hulle genees, en hulle van die dood weggeruk."


6.  “Want die woord van die kruis is dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.”


7.  "Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid."


8.  "Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red."


9.  "Dit is die Gees wat lewend maak; die vlees is van geen nut nie. Die woorde wat Ek tot julle gespreek het, is Gees en is lewe."


10.  "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God."


11.  "En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en 'n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof."


No comments:

Post a Comment

Volg:

               Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za