Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy ons nie ook saam met Hom alles genadiglik skenk nie?"
A. Hebreërs 10:
B. Johannes 12:
C. Romeine 8:
2. "Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”
A. 1 Timoteus 5:
B. Markus 10:
C. Handelinge 2:
3. "Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou."
A. Josua 20:
B. Jesaja 41:
C. Jeremia 50:
4. "Maar ons leef in die verwagting van 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers."
A. 2 Korintiërs 10:
B. Markus 12:
C. 2 Petrus 3:
5. "En dít is wat die Seun ons belowe het: die ewige lewe."
A. Lukas 7:
B. Romeine 11:
C. 1 Johannes 2:
6. "Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie die Seun nie gehoorsaam is nie, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom."
A. 1 Korintiërs 10:
B. Matteus 15:
C. Johannes 3:
7. "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus."
A. Markus 5:
B. Handelinge 11:
C. Filippense 4:
8. "God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak."
A. Johannes 10:
B. Romeine 13:
C. 1 Petrus 5:
9. "Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”
A. Numeri 20:
B. Eksodus 38:
C. Deuteronomium 31:
10. "Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word."
A. Lukas 13:
B. Johannes 18:
C. Matteus 7:
11. "Ek sal vir julle 'n nuwe hart gee, 'n nuwe gees sal Ek in julle binneste gee; Ek sal die hart van klip uit julle liggame verwyder en vir julle 'n hart van vlees gee."
A. Eksodus 25:
B. Numeri 30:
C. Esegiël 36:
No comments:
Post a Comment