Dit is baie belangrik om jouself te bekeer. Jy kan jou nie bekeer en dink jy gaan hemel toe nie. Bekering beteken ook nie meer ek nie maar Christus in my. Jy moet wegdraai van jou goddelose weë. Draai weg van jou ou lewe. Jy moet kan sê Here ek is jammer, vergewe my asseblief. Jy moet Jesus in jou lewe innooi. Jy kan net die Koninkryk van God binnegaan op God se terme en nie op die wêreld se terme nie. Die probleem is: Is jy bereid om jou ou lewe prys te gee? Is jy bereid om te verander? Is jy bereid om vriende, familie te verloor? Is jy bereid om vir Jesus te lewe? Is jy bereid om jou lewe te verloor om Jesus te volg? Jy moet wegdraai van "Ek" Is jy bereid om van Ek na Jesus te verander? Jy kan nie 'n kompromie aangaan nie. Jy kan nie albei doen nie, die Jesus-manier en die wêreld se manier nie. Jy moet kies en terugdraai na die Vaderhuis toe. Handelinge 3:19: "Bekeer julle dan en keer terug, sodat julle sondes uitgewis kan word." Handelinge 2:38: "En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang." Matteus 3:8: "Bewys deur die manier waarop jy leef dat jy jou van jou sondes bekeer het en tot God bekeer het." Hoeveel keer sê die dissipels bekeer, bekeer en bekeer in die Nuwe Testament? Bekeer jou en draai terug na Jesus toe, dan is jy gered en wedergebore.
Followers
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Jy moet weer gebore word om die Koninkryk van God binne te gaan!! 1. Johannes 3: “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwa...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...

No comments:
Post a Comment