Volg:
Tuesday, 22 July 2025
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!
Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!
Studiegidse R90
NotaBoeke R70
Inkleurboeke R90
Plakkerboeke R190
Aktiwiteitsboeke R90
Legkaarte R270
Bekers R170
T-hemde R270
E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!
Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk! Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1. Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie. 2. Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3. Die doop van babas. Dit is nie Bybels nie. Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4. Preke wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie. Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!
Belangrike Kennisgewing!!
Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees. Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!
Romeine 10:
"Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle gered word, want ek kan van hulle getuig dat hulle vol ywer vir God is, maar sonder die regte insig. Hulle het hulle nie gesteur aan die manier waarop God mense vryspreek nie. Hulle wil niks van God se manier van vryspraak weet nie; hulle probeer dit op hulle eie manier kry. Christus is tog die einde van die wet, sodat elkeen wat glo, vrygespreek kan word.
Die verlossing is vir elkeen wat glo
Moses skryf naamlik van die vryspraak op grond van wetsonderhouding dat die mens wat doen wat die wet beveel, daardeur sal lewe. Maar van die vryspraak deur die geloof sê hy: “Moenie by jouself sê: ‘Wie sal na die hemel toe opklim?’ nie,” dit is, om Christus af te bring, “of: ‘Wie sal na die onderaardse diepte toe afdaal?’ nie,” dit is, om Christus uit die dood terug te bring. Nee, die Skrif sê:
“Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig:
As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. Die Skrif sê tog:
“Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.”
“Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of 'n mens 'n Jood of 'n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.”
Die Israeliete het egter nie almal aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja sê immers: “Here, wie het die prediking geglo wat ons gehoor het?” Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus.
Maar 'n mens sou kon vra: Het die Israeliete dan nie die prediking gehoor nie?
Alte seker het hulle gehoor! Die Skrif sê:
“Hulle prediking het oor die hele wêreld weerklink, hulle woorde tot by die uithoeke van die aarde.”
Of 'n ander vraag: Het Israel dit dan nie verstaan nie? In die eerste plek wys ek op wat God deur Moses sê:
“Ek gaan julle jaloers maak op mense wat nie 'n volk is nie, en julle kwaad maak oor 'n volk wat nie julle kennis het nie.”
En Jesaja gaan selfs verder. Daar sê God: “Ek het My laat vind deur mense wat My nie gesoek het nie, Ek het verskyn aan mense wat nie na My gevra het nie.”
Maar van Israel sê Hy: “Dag vir dag het Ek my hande uitgesteek na 'n ongehoorsame en weerspannige volk.”
Romeine 9
"God se verkiesing van Israel
In my verbondenheid met Christus praat ek die waarheid, ek lieg nie; en my gewete, wat deur die Heilige Gees gelei word, getuig saam met my dat daar by my groot droefheid en voortdurende hartseer is oor my broers, my eie volksgenote. Ek sou self vervloek wou wees, afgesny van Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees. Hulle is tog Israeliete; vir hulle het God as sy kinders aangeneem en in sy heerlikheid was Hy by hulle; met hulle het Hy die verbonde gesluit en aan hulle die wet van Moses gegee, asook die tempeldiens en die beloftes; hulle stam van die aartsvaders af, en uit hulle is die Christus as mens gebore – Hy wat God is, verhewe bo alles en lofwaardig vir ewig! Amen.
Dit wil nie sê dat die woord van God nie meer geld nie. Immers, nie almal wat van Israel afstam, is werklik Israel nie; en nie almal wat nakomelinge van Abraham is, is werklik kinders van Abraham nie. Inteendeel, die belofte was: “Uit Isak sal daar vir jou 'n nageslag kom.” Dit wil sê: Dit is nie die kinders wat in die gewone gang van die lewe gebore is, wat kinders van God is nie; dit is die kinders wat kragtens die belofte van God gebore is, wat as Abraham se nageslag gereken word. Die woorde: “Op dié tyd sal Ek weer kom, en dan sal Sara 'n seun hê,” was immers 'n belofte.
En dis nie al nie. Rebekka was net een keer swanger, deur ons voorvader Isak. Toe haar kinders nog nie gebore was nie en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, toe is al vir haar gesê: “Die oudste sal die jongste dien.” Daar staan ook geskrywe: “Vir Jakob het Ek liefgehad, maar vir Esau het Ek gehaat.” Die besluit van God is gegrond op uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat 'n mens doen nie, maar van Hom wat jou roep.
Wat moet ons hieruit aflei? Dat God onregverdig is? Beslis nie! Vir Moses het Hy gesê:
“Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.”
Dit hang dus nie af van 'n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is. In die Skrif sê God immers vir die farao: “Juis hiervoor het Ek jou teen My in opstand laat kom: dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word.”
Dit is dus inderdaad so dat God Hom ontferm oor wie Hy wil, en dat Hy verhard wie Hy wil.
Die oordeel en genade van God
Nou sal jy vir my sê: “Maar waarom verwyt Hy ons dan nog? Wie kan tog teen sy wil ingaan?”
Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met God wil redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: “Waarom het jy my so gemaak?” Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie? En as God dieselfde wou doen? Hy wou sy toorn laat sien en sy mag bekend maak. Daarom het Hy die voorwerpe van sy toorn, die mense wat reg was om verdelg te word, met groot geduld verdra. So sou Hy ook die rykdom van sy heerlikheid bekend maak oor die voorwerpe van sy ontferming, die mense wat Hy vantevore voorberei het om aan sy heerlikheid deel te hê. En onder hulle is ook ons, wat Hy nie net uit die Jode nie, maar ook uit die ander nasies geroep het. So sê Hy dan ook in die boek Hosea:
“Hulle wat nie my volk is nie, sal Ek roep om my volk te wees, en haar wat geen liefde ontvang het nie, om my geliefde te wees.”
“En in plaas daarvan dat vir hulle gesê is: ‘Julle is nie my volk nie,’ sal hulle geroep word om kinders van die lewende God te wees.”
En Jesaja roep van Israel dít uit: “Al was die Israeliete so baie soos die sand van die see, net die handjievol wat oorbly, sal gered word,
want die Here gaan eens en vir altyd hier op aarde die saak afhandel.”
So het Jesaja trouens al vroeër gesê: “As die Here, die Almagtige, nie vir ons 'n klompie laat oorbly het nie – soos met Sodom sou dit met ons gegaan het, soos Gomorra sou ons uitgewis gewees het.”
Israel en die evangelie
Wat is nou ons gevolgtrekking?
Dít: heidene het nie God se vryspraak gesoek nie, maar dit wel gekry – die vryspraak deur die geloof. Israel, daarenteen, het 'n wet gesoek waardeur hulle God se vryspraak sou kon kry, maar by so 'n wet het hulle nie uitgekom nie.
Waarom kon hulle nie die vryspraak kry nie? Omdat hulle nie op die geloof wou bou nie, maar op hulle eie prestasies. Hulle het oor die struikelblok gestruikel waarvan daar geskrywe staan:
“Kyk, Ek sit in Sion 'n klip neer waaroor 'n mens struikel, 'n rots waarteen jy jou stamp, maar wie in Hom glo, sal nie teleurgestel word nie.”
Wedergebore Christene!!
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon, en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die eniggebore Seun wat van die Vader kom, vol van genade en waarheid."
A. Handelinge 5:
B. Hebreërs 10:
C. Johannes 1:
2. "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang volgens wat hy in die liggaam gedoen het, of dit goed is of kwaad."
A. Lukas 8:
B. 2 Korintiërs 5:
C. Romeine 12:
3. "En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word."
A. Johannes 18:
B. Lukas 21:
C. Markus 16:
4. "Want baie is geroep, maar min is uitverkies."
A. Openbaring 17:
B. Johannes 20:
C. Matteus 22:
5. "Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde."
A. Kolossense 3:
B. Jakobus 5:
C. 1 Johannes 1:
6. "Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God."
A. Galasiërs 5:
B. Markus 7:
C. 1 Petrus 1:
7. "Hy het hom wat geen sonde geken het nie, sonde gemaak, sodat ons in Hom geregtigheid van God kan word."
A. Romeine 11:
B. 2 Korintiërs 5:
C. Handelinge 15:
8. "God is Gees, en “Die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”
A. Hebreërs 8:
B. Handelinge 13:
C. Johannes 4:
9. “Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Want met die hart glo mens en word geregverdig, en met die mond bely mens en word gered.”
A. Johannes 15:
B. Matteus 18:
C. Romeine 10:
10. “Maar God bewys sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”
A. 2 Korintiërs 10:
B. Lukas 13:
C. Romeine 5:
11. “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus."
A. 1 Timoteus 5:
B. Johannes 11:
C. Romeine 3:
Ons het die Gees van Christus!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Johannes 5:
2. Jesaja 26:
3. Matteus 7:
4. 2 Petrus 1:
5. Efesiërs 5:
6. 1 Korintiërs 1:
7. Jeremia 33:
8. Lukas 18:
9. Markus 7:
10. 1 Korintiërs 2:
11. Efesiërs 4:
12. Romeine 13:
13. Esegiël 27:
14. Romeine 8:
15. Johannes 17:
16. 1 Korintiërs 2:
B.
1. "Totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die Seun van God, en tot 'n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus."
2. "Nee, die wysheid waarvan ons praat, is die diepsinnige wysheid van God wat voorheen geheim gehou is, wat God van ewigheid af daargestel het sodat ons die heerlikheid kan ontvang."
3. "Maar dit was aan ons dat God hierdie dinge deur sy Gees geopenbaar het. Want sy Gees ondersoek alles en openbaar God se diep geheime. Niemand kan 'n mens se gedagtes ken nie, behalwe sy eie gees, en niemand kan God se gedagtes ken nie, behalwe God se eie Gees. En ons het God se Gees ontvang (nie die wêreld se gees nie), sodat ons die wonderlike dinge kan ken wat God ons vrylik gegee het. Wanneer ons hierdie dinge vir julle vertel, gebruik ons nie woorde wat uit menslike wysheid kom nie. In plaas daarvan spreek ons woorde wat deur die Gees aan ons gegee is, deur die woorde van die Gees te gebruik om geestelike waarhede te verduidelik. Maar mense wat nie geestelik is nie, kan hierdie waarhede nie van God se Gees ontvang nie. Dit klink alles dwaas vir hulle en hulle kan dit nie verstaan nie, want slegs diegene wat geestelik is, kan verstaan wat die Gees beteken."
4. "Ek doen 'n beroep op julle almal, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus, om eensgesind te wees. Daar moet geen verdeeldheid onder julle wees nie. Julle moet een wees in dieselfde gesindheid en met dieselfde oortuiging."
5. "Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood. Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees."
6. "Sodat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My en Ek in U is, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het."
7. “Ek kan niks uit Myself doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek, en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my eie wil soek nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het.
8. “U bewaar hom wat op U staatmaak in volkome vrede, omdat hy op U vertrou.”
9. “Elkeen wat dan na hierdie woorde van My luister en dit doen, sal soos 'n wyse man wees wat sy huis op die rots gebou het.”
10. “Sy goddelike krag het ons immers reeds alles gegee wat ons nodig het vir 'n godvresende lewe, deur die kennis van Hom wat ons deur sy majesteit en goddelike krag geroep het. Hierdeur het Hy sy kosbare en grootse beloftes reeds aan ons gegee, sodat julle deel kan kry aan die goddelike natuur, noudat julle ontvlug het aan die verdorwenheid wat deur begeerte in die wêreld teenwoordig is."
11. "Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen."
Daniel en Ester: Hoe ons leef: Deel 1!!
Hallo! Vandag praat ons oor: Hoe ons leef: Deel 1! As Wedergebore gelowiges moet ons anders lyk, praat en optree as die wêreld. Ons moet dit op Jesus se manier doen. Ons moet met liefde, hoop, vreugde en vrede wandel. Wees die lig in die wêreld. Wees altyd gehoorsaam aan wat Jesus sê. Gehoorsaamheid is die sleutel tot die seëninge wat God vir jou het. Moet nooit kompromieë aangaan nie. Mense gaan jou haat, oor jou skinder en hulle rug op jou draai. Jy gaan vriende verloor, selfs familie. Ons is hier om God te gehoorsaam en nie mense nie. Ons moet Jesus eerste in ons lewens stel en gehoorsaam wees aan Sy stem en nie aan die wêreld se stem nie. Die wêreld se manier sal sê jy kan nie, maar Jesus se manier sê jy kan alles deur Christus doen. Lukas 21:17: "Julle sal ook deur almal gehaat word omdat julle in my Naam optree. Maar selfs nie ’n haar op julle kop sal verlore gaan nie. Deur julle volharding sal julle julle lewe behou." Handelinge 5:29: "Petrus en die ander apostels het geantwoord: “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan mense!” Filippense 4:13: “Want Ek is in staat om alles te doen deur Christus wat my krag gee.” Staan vas ongeag wat rondom jou aangaan. Moenie na jou omstandighede kyk nie, maar kyk na God. Soek God eerste in alles wat jy doen, en nie mense nie. Matteus 6:33: "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."
Spreuke!!
Vind die Bybelverse in:
1. Spreuke 27:
2. Spreuke 29:
3. Spreuke 23:
4. Spreuke 1:
5. Spreuke 9:
6. Spreuke 17:
7. Spreuke 14:
8. Spreuke 1:
9. Spreuke 22:
10. Spreuke 4:
11. Spreuke 30:
1. "Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie."
2, "Ontsag vir die Here is die begin van kennis; wysheid en vermaning – net sotte verag dit."
3. "Daar is 'n weg wat reg lyk, maar uiteindelik lei dit tot die dood."
4. "Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe."
5. "Elke woord van God is vlekkeloos; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil."
6. "Soos yster yster slyp, so slyp een mens 'n ander."
7. "Wanneer ’n volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie, verloor hulle koers. As hulle leef volgens sy wet is hulle gelukkig."
8. "Want hy is die soort persoon wat altyd aan die koste dink. "Eet en drink," sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie."
9. "Hulle doel is om mense te leer om gedissiplineerde en suksesvolle lewens te lei, om hulle te help om te doen wat reg, regverdig en billik is."
10. "Die vrees van die HERE is die begin van wysheid, en kennis van die Heilige is verstand."
11. "n Vrolike mens is 'n gesonde mens, 'n neerslagtige mens raak uitgeput."
Psalms!!
Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Psalm 2:
2. Psalm 9:
3. Psalm 18:
4. Psalm 5:
5. Psalm 7:
6. Psalm 3:
7. Psalm 111:
8. Psalm 90:
9. Psalm 33:
10. Psalm 10:
11. Psalm 6:
12. Psalm 122:
13. Psalm 29:
14. Psalm 4:
15. Psalm 9:
16. Psalm 5:
B.
1. "Maar ek kan u huis binnegaan op grond van u troue liefde; in u heilige tempel sal ek met ontsag aanbid."
2. "Kom tog, Here! Toon u mag, o God! Moet die hulpeloses tog nie vergeet nie."
3. "As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my."
4. "Gee pad van my af, julle almal wat onreg doen, want die Here het ag geslaan op my geroep om hulp."
5. "Baie mense sê: “Wie sal ons weer die goeie laat beleef?” Laat die lig van u teenwoordigheid oor ons skyn, Here!"
6. "Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig."
7. "Lei my deur u geregtigheid, Here, omdat ek teenstanders het; maak u pad reguit voor my."
8. "Die Here het aan my goed gedoen op grond van my geregtigheid; omdat my hande skoon is, het Hy my vergoed."
9. "Beëindig tog die boosheid van goddeloses; maar hou die regverdiges staande, U wat hart en niere toets, o regverdige God!"
10. "Die HERE is bekend vir sy geregtigheid. Die goddelose word deur hul eie dade gevang."
11. "Die Here is altyd op sy troon; op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak. Hy lewer 'n regverdige uitspraak oor alle mense, Hy vel 'n billike vonnis oor die nasies. Vir die mens wat in gevaar verkeer, is die Here 'n toevlug, 'n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie."
Bybelnotas!!
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar 'n gees van krag en liefde en selfbeheersing."
A. Jakobus 5:
B. Markus 7:
C. 2 Timoteus 1:
2. "God het Hom wat geen sonde gehad het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons in Hom geregtigheid van God kan word."
A. Romeine 7:
B. Handelinge 13:
C. 2 Korintiërs 5:
3. "Mag die God van hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur julle geloof, sodat julle oorvloedig kan wees in hoop deur die krag van die Heilige Gees."
A. Johannes 18:
B. Romeine 15:
C. Openbaring 20:
4. "Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe. "Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook."
A. Matteus 10:
B. Lukas 18:
C. Johannes 11:
5. "As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon."
A. Romeine 15:
B. Hebreërs 11:
C. Handelinge 18:
6. "Ek sê vir julle die waarheid: Wie my woord hoor en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en sal nie veroordeel word nie; hy het oorgegaan uit die dood na die lewe."
A. Markus 10:
B. 2 Korintiërs 13:
C. Johannes 5:
7. "Liewe broers en susters, wanneer julle in allerhande moeilikhede te staan kom, moet julle dit as 'n geleentheid vir groot blydskap beskou. Want julle weet dat wanneer julle geloof getoets word, julle volharding 'n kans het om te groei. Laat dit dan groei, want wanneer julle volharding ten volle ontwikkel is, sal julle volmaak en volkome wees en aan niks gebrek ly nie."
A. Kolossense 3:
B. 1 Petrus 5:
C. Jakobus 1:
8. "Almal van ons het weggedwaal soos ’n klomp skape. Ons het ons eie pad gevolg. En toe het die Here ons almal se skuld en sondes op hom laat neerkom."
A. Eksodus 30:
B. Jesaja 53:
C. Jeremia 39:
9. "Petrus antwoord: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes. En julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."
A. Johannes 10:
B. Markus 12:
C. Handelinge 2:
10. "Aan Hom nou wat magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk."
A. 1 Timoteus 5:
B. Matteus 7:
C. Efesiërs 3:
11. "Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees."
A. Lukas 8:
B. Hebreërs 13:
C. Kolossense 3:
Psalm 91:
"Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”
Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.
Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.
Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,
vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.
Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,
sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.
sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”
Verlossingsgebed:
Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee my lewe vir U. Kom in my lewe en lei my. Wys my U wil en nie my wil. In Jesus se Naam. Amen.
Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!
Wedergebore:
1. Bekering
2. Nooi Jesus in jou lewe
3. Doop
'n Nuwe Lewe!!
1. Verhouding met die Here
2. Nuwe Persoon
3. Nuwe Leefstyl
4. Vind die regte kerk
5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.
6. Leef die Woord van God
Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...