Tuesday, 22 July 2025

Bybelnotas!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1. "Want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar 'n gees van krag en liefde en selfbeheersing."


A.  Jakobus 5:

B.  Markus 7:

C. 2 Timoteus 1:


2. "God het Hom wat geen sonde gehad het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons in Hom geregtigheid van God kan word."


A.  Romeine 7:

B.  Handelinge 13:

C.  2 Korintiërs 5:


3. "Mag die God van hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur julle geloof, sodat julle oorvloedig kan wees in hoop deur die krag van die Heilige Gees."


A.  Johannes 18:

B.  Romeine 15:

C.  Openbaring 20:


4. "Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe. "Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook."


A.  Matteus 10:

B.  Lukas 18:

C.  Johannes 11:


5. "As 'n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon."


A.  Romeine 15:

B.  Hebreërs 11:

C.  Handelinge 18:


6. "Ek sê vir julle die waarheid: Wie my woord hoor en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en sal nie veroordeel word nie; hy het oorgegaan uit die dood na die lewe."


A.  Markus 10:

B.  2 Korintiërs 13:

C.  Johannes 5:


7. "Liewe broers en susters, wanneer julle in allerhande moeilikhede te staan kom, moet julle dit as 'n geleentheid vir groot blydskap beskou. Want julle weet dat wanneer julle geloof getoets word, julle volharding 'n kans het om te groei. Laat dit dan groei, want wanneer julle volharding ten volle ontwikkel is, sal julle volmaak en volkome wees en aan niks gebrek ly nie."


A.  Kolossense 3:

B.  1 Petrus 5:

C.  Jakobus 1:


8. "Almal van ons het weggedwaal soos ’n klomp skape. Ons het ons eie pad gevolg. En toe het die Here ons almal se skuld en sondes op hom laat neerkom."


A.  Eksodus 30:

B.  Jesaja 53:

C.  Jeremia 39:


9. "Petrus antwoord: Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes. En julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang."


A.  Johannes 10:

B.  Markus 12:

C.  Handelinge 2:


10. "Aan Hom nou wat magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk."


A.  1 Timoteus 5:

B.  Matteus 7:

C.  Efesiërs 3:


11. "Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees."


A.  Lukas 8:

B.  Hebreërs 13:

C.  Kolossense 3:


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za