Tuesday, 22 July 2025

Daniel en Ester: Hoe ons leef: Deel 1!!


Hallo! Vandag praat ons oor: Hoe ons leef: Deel 1! As Wedergebore gelowiges moet ons anders lyk, praat en optree as die wêreld. Ons moet dit op Jesus se manier doen. Ons moet met liefde, hoop, vreugde en vrede wandel. Wees die lig in die wêreld. Wees altyd gehoorsaam aan wat Jesus sê. Gehoorsaamheid is die sleutel tot die seëninge wat God vir jou het. Moet nooit kompromieë aangaan nie. Mense gaan jou haat, oor jou skinder en hulle rug op jou draai. Jy gaan vriende verloor, selfs familie. Ons is hier om God te gehoorsaam en nie mense nie. Ons moet Jesus eerste in ons lewens stel en gehoorsaam wees aan Sy stem en nie aan die wêreld se stem nie. Die wêreld se manier sal sê jy kan nie, maar Jesus se manier sê jy kan alles deur Christus doen. Lukas 21:17: "Julle sal ook deur almal gehaat word omdat julle in my Naam optree.  Maar selfs nie ’n haar op julle kop sal verlore gaan nie.  Deur julle volharding sal julle julle lewe behou." Handelinge 5:29: "Petrus en die ander apostels het geantwoord: “Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan mense!” Filippense 4:13: “Want Ek is in staat om alles te doen deur Christus wat my krag gee.” Staan vas ongeag wat rondom jou aangaan. Moenie na jou omstandighede kyk nie, maar kyk na God. Soek God eerste in alles wat jy doen, en nie mense nie. Matteus 6:33: "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za