Jesus Christus is die Woord wat mens geword het!! Hy is die Seun van God!!
Johannes 1:14: "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid."
God het Hom na hierdie wêreld gestuur. Hy het nie net vir ons sondes gesterf nie, maar ook dat ons lewe in oorvloed kan hê, meer as genoeg!!
Johannes 3:16: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."
Johannes 10:10: "'n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed."
Jesus is ons enigste hoop om vandag in hierdie wêreld te oorleef!! Hy is die enigste weg na ons Hemelse Vader!! Jesus is die sigbare beeld van die onsigbare God!! Nooi Jesus vandag in jou lewe in!! Hy sal vir jou vrede gee, en Hy het Sy lewe vir jou gegee!! Hy het hierdie wêreld oorwin!!
Johannes 16:33: "Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle vrede kan hê in My. In die wêreld sal julle verdrukking hê. Maar hou moed, Ek het die wêreld oorwin."
Jesus is die EK IS!!
Johannes 14:6: “Jesus sê vir hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”
Johannes 11:25: “Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe. Elkeen wat in My glo, sal lewe al sterf hy.”
Johannes 8:12: “Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
Johannes 15:5-8: "Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”
Johannes 10:11: “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape."
Johannes 6:35: “Jesus het geantwoord: “Ek is die brood van die lewe. Wie na my toe kom, sal nooit weer honger wees nie. Wie in My glo, sal nooit dors kry nie.”
Gee jou lewe vir Jesus, vandag!! Nooi Hom in jou lewe in!! Hy sal vir jou vrede gee!! En wanneer omstandighede moeilik is begin om Hom te loof!! Hy sal jou gevegte vir jou veg!!
Johannes 14:7: "Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Ek gee aan julle nie soos die wêreld gee nie. Moenie dat julle harte ontsteld word nie en moenie bang wees nie."
Lukas 12:24: "Let op die kraaie: hulle saai nie en maai nie, hulle het geen stoorkamer of skuur nie; tog voed God hulle. En hoeveel meer werd is julle as voëls!"
Begin Sy Woord lees!! Mediteer oor die Woord van God dag en nag!! Spandeer tyd saam met Jesus en praat met Hom!! Hy sal jou hoor!!
Filippense 4:7: "Wees oor niks besorg nie, maar maak in elke situasie julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus."
Jesaja 41:10: "Wees dus nie bevrees nie, want Ek is met jou; wees nie verskrik nie, want Ek is jou God. Ek sal jou versterk en jou help, Ek sal jou ondersteun met my regverdige regterhand."
Wanneer jy jou lewe vir Jesus gee, sal Hy in jou kom woon saam met die Vader en die Heilige Gees, en dit beteken:
1 Johannes 4:4-6: "omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle. Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling."
En jy word ook deur Sy bloed beskerm!! Jy het die Jesus merk op jou....die kruis!! En geen wapen wat teen jou gevorm word, sal suksesvol wees nie!!
Jesaja 54:17: "Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here."
Plaas jou fokus op Jesus en nie op hierdie wêreld of jou omstandighede nie!!
Nehemia 8:10: "want die blydskap in die Here — dit is julle beskutting."
No comments:
Post a Comment