Wednesday, 19 March 2025

Daniel en Ester: Wees 'n lig in die wêreld!!


Hallooo!!Vandag gaan ons praat oor, Wees 'n lig in die wêreld!!

Dit is baie belangrik om n lig in die wêreld te wees. Moenie 'n kompromie aangaan nie! Staan altyd op die waarheid en laat Jesus se lig deur jou skyn. Staan altyd op vir Jesus en die Woord van God! Wandel in liefde, hoop, vrede en vreugde. Bid vir jou vyande. Wees lief vir hulle en doen goed aan hulle. Wanneer mense teen die Woord van God gaan, moet ons nie stilbly of dit ignoreer nie. Ons moet opstaan ​​en die wêreld laat weet dit is verkeerd om teen die Woord van God te gaan. As Wedergebore gelowiges moet ons as een kerk opstaan ​​en die Lig van Jesus deur ons laat skyn. Ons moet uitgaan en die Evangelie aan die nie-gelowiges verkondig. Bid vir hulle. Staan sterk en staan ​​vas op die Woord van God en moenie kompromieë aangaan nie. Ons moet soos Jesus wees, soos Jesus lyk en soos Jesus praat in hierdie wêreld. Sodat die mense na ons toe kan kom en ons hulle dan moet lei na die Een Ware Lig, Jesus Christus. Hy is die Weg, die Waarheid en die Lewe.

Dit is belangrik om op te staan ​​vir die waarheid. Ons lig moet in hierdie donker wêreld skyn. Die wêreld het Jesus nodig!! As Wedergebore gelowige is ons ambassadeurs van die Koninkryk van God. Die wêreld moet Jesus in ons sien. Ons moet uitgaan en die Evangelie na die res van die wêreld verkondig. Ons moet anderster wees as die wêreld. Ons moet vol blydskap, liefde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing wees. Ons moet die wêreld na die Een Ware Lig, Jesus Christus lei deur ons dade, lewenswyses, woorde en hulle help om uit die duisternis na die lig te kom. Sonder Jesus is die wêreld vol duisternis maar by Jesus is daar lig, en die lig skyn in die duisternis. Die duisternis kan nooit die Ware Lig uitdoof nie. Johannes 8:12: "Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Wees 'n lig in hierdie wêreld vir die Koninkryk van God: “ Filippense 2:13-15: "want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer.  Doen alles sonder kla of teëpraat.  Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld."


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za