1. "Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe."
A. Job 15:
B. Josua 7:
C. Spreuke 22:
2. "Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag."
A. Psalm 90:
B. Psalm 125:
C. Psalm 33:
3. "Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit."
A. Psalm 107:
B. Psalm 34:
C. Psalm 45:
4. "En daar sal bestendigheid van jou tye wees, ‘n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees."
A. Esegiël 33:
B. Deuteronomium 32:
C. Jesaja 33:
5. "Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees."
A. Psalm 110:
B. Psalm 103:
C. Psalm 77:
6. "In die vrees van die HERE lê ‘n sterk sekerheid, ook vir die kinders van ‘n sodanige sal daar ‘n toevlug wees. Die vrees van die HERE is ‘n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk."
A. Numeri 13:
B. Eksodus 22:
C. Spreuke 14:
7. "En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die HERE, met getrouheid en met ‘n volkome hart."
A. 1 Samuel 22:
B. Deuteronomium 18:
C. 2 Kronieke 19:
8. "Vrees net die HERE en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het."
A. 2 Konings 20:
B. Josua 13:
C. 1 Samuel 12:
9. "Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang."
A. Jeremia 33:
B. Spreuke 20:
C. Deuteronomium 13:
10. "Jy moet die HERE jou God vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer."
A. Eksodus 17:
B. Deuteronomium 6:
C. Jesaja 22:
No comments:
Post a Comment