Thursday, 4 June 2020

Jesus het jou lief!!

Kies die regte Skrifgedeelte:



1.  "Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My."

A.  Markus 8:
B.  Johannes 15:
C.  Jakobus 3:


2.  "want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het."

A.  Handelinge 20:
B.  Lukas 13:
C.  Johannes 16:


3.  "en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed."

A.  Galasiërs 3:
B.  Openbaring 1:
C.  Matteus 22:


4.  "Want die liefde van Christus dring ons."

A.  Hebreërs 10:
B.  Efesiërs 5:
C.  2 Korintiërs 5:


5.  " En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom."

A.  2 Petrus 1:
B.  Openbaring 20:
C.  1 Johannes  4:


6.  "Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word."

A.  Romeine 15:
B.  1 Timoteus 3:
C.  Johannes 3:


7.  "Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte."

A.  Eksodus 20:
B.  Jeremia 52:
C.  Deuteronomium 7:



8.  "Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid."

A.  Psalm 90:
B.  Psalm 120:
C.  Psalm 136:


9.  "maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet."

A.  Openbaring 13:
B.  Markus 9:
C.  1 Korintiërs 2:


10.  "dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot."

A.  Deuteronomium 28:
B.  Eksodus 18:
C.  Klaagliedere 3:

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za