Thursday, 7 May 2020

Wie het gesê?

Vind die verse in: 

1.  Rut 1:
2.  Daniël 3:
3.  Daniël 10:
4.  Jona 1:
5.  Daniël 6:
6.  Matteus 4:
7.  2 Kronieke 20:
8.  Genesis 22:
9.  Genesis 45:
10.  1 Samuel 17:


1.  "Jy kom na my met ‘n swaard en met ‘n spies en met ‘n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het."

2.  "en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U."

3.  "God sal vir Homself die lam vir ‘n brandoffer voorsien, my seun. So het hulle twee dan saam geloop."

4.  "Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur."

5.  "Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God."

6.  "Geloofd sy die God van Sadrag, Mesag en Abednégo, wat sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God."

7.  "My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie."

8.  "Toe sê hy vir my: Wees nie bevrees nie, Daniël; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom."

9.  "Neem my en gooi my in die see; dan sal die see om julle heen bedaar; want ek weet dat om my ontwil hierdie groot storm oor julle gekom het."

10.  "Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak."



No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za