Monday, 27 April 2020

Wat is gehoorsaamheid?

Kies die regte Skrifgedeelte:




1.  "Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak."

A.  Lukas 20:
B.  Johannes 14:
C.  Markus 7:


2.  "AS jy dan goed luister na die stem van die Here jou God om sorgvuldigte hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die Here jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde. En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die Here jou God."

A.  Eksodus 25:
B.  Deuteronomium 28:
C.  Jesaja 55:


3.  "In al die weë wat dieHere julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem."

A.  Genesis 30:
B.  Jeremia 50:
C.    Deuteronomium 5:


4.  "En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie."

A.  Romeine 10:
B.  Kolossense 2:
C.  Jakobus 1:


5.  "En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is."

A.  Markus 15:
B.  Romeine 12:
C.  Johannes 20:


6.  "Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom."

A.  1 Petrus 3:
B.  1 Johannes 3:
C.  Handelinge 13:


7.  "Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word."

A.  Matteus 19:
B.  Filippense 3:
C.  Romeine 5:


8.  "en onderhou die ordening van die Here jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kanuitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe."

A.  2 Samuel 20:
B.  Josua 5:
C.  1 Konings 2:


9.  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug."

A.  Efesiërs 5:
B.  Handelinge 17:
C.  Jakobus 4:


10.  "Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel."

A.  Eksodus 23:
B.  Rigters 11:
C.  Josua 1:

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za