Wat is geloof?
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie."
A. Markus 11:
B. Handelinge 8:
C. Hebreërs 11:
2. "Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie."
A. Jakobus 3:
B. Matteus 25:
C. 2 Korintiërs 5:
3. "Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry."
A. Romeine 13:
B. Hebreërs 7:
C. Markus 11:
4. "En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees!"
A. Kolossense 3:
B. Romeine 15:
C. Johannes 21:
5. "Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voort gesweep word."
A. Handelinge 18:
B. Jakobus 1:
C. Matteus 23:
6. "En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek."
A. Markus 11:
B. 1 Petrus 5:
C. Hebreërs 11:
7. "omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk."
A. Titus 3:
B. Johannes 19:
C. Jakobus 1:
8. "vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry."
A. 1 Timoteus 3:
B. Handelinge 12:
C. 1 Petrus 1:
9. "En Jesus sêvir hom: Wat dit betref —as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo."
A. Openbaring 20:
B. Matteus 15:
C. Markus 9:
10. "Jesus sêvir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe."
A. Hebreërs 7:
B. Johannes 11:
C. Lukas 21:
11. "Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het,naamlik ons geloof."
A. Romeine 15:
B. Filippense 3:
C. 1 Johannes 5:
Monday, 27 April 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment