Monday, 27 April 2020

Studeer die Woord van God!!

Kies die regte Skrifgedeelte: 

1.  "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God."

A.  Matteus 15:
B.  Lukas 20:
C.  Johannes: 1:


2.  "Maar baie naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart, om dit te doen."

A.  Jesaja 50:
B.  Rigters 11:
C.  Deuteronomium 30:


3.  "Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen."

A.  Jakobus 3:
B.  Handelinge 20:
C.  Lukas 8:


4.  "Toe het die Here sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die Here het vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond."

A.  Jesaja 33:
B.  Eksodus 25:
C.  Jeremia 1:


5.  "En die vrou sê vir Elía: Nou weet ek dit dat u ’n man van God is en dat die woord van die Here in u mond waarheid is."

A.  2 Samuel 20:
B.  1 Konings 17:
C.  Eksodus 19:


6.  "en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus."

A.  Filippense 3:
B.  Romeine 12:
C.  2 Timotues 3:


7.  "Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny."

A.  Lukas 15:
B.  Handelinge 20:
C.  2 Timoteus 2:


8.  "En Hy was bekleed met ’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God."

A.  Matteus 25:
B.  Kolossense 1:
C.  Openbaring 19:


9.  "Die weg van God is volmaak; die woord van die Here is gelouter; Hy is ’n skild vir almal wat by Hom skuil."

A.  Psalm 77:
B.  Psalm 120:
C.  Psalm 18:

10.  "Die hele inhoud van u woord is waarheid, en al u regverdige verordeninge is tot in ewigheid."

A.  Psalm 55:
B.  Psalm 119:
C.  Psalm 31:


11.  "En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie."

A.  Romeine 10:
B.  Titus 3:
C.  Jakobus 1:

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za