Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. 1 Johannes 4:
2. Johannes 15:
3. 1 Johannes 3:
4. 1 Korintiërs 13:
5. Romeine 8:
6. Handelinge 18:
7. Markus 11:
8. Romeine 5:
9. Johannes 3:
10. 1 Johannes 4:
11. Galasiërs 2:
12. Jakobus 5:
13. 1 Johannes 4:
14. Lukas 18:
15. Hebreërs 12:
16. 1 Johannes 4:
B.
1. “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
2. “Maar God bewys sy liefde vir ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.”
3. “Ons het lief omdat Hy ons eerste liefgehad het.”
4. "Wie nie liefhet nie, ken God nie, want God is liefde."
5. "ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."
6. "Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God."
7. "Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê."
8. "Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie."
9. "So ken en glo ons die liefde wat God vir ons het. God is liefde, en wie in die liefde bly, bly in God, en God bly in hom."
10. "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!"
11. "Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here."
No comments:
Post a Comment