Followers

Thursday, 11 September 2025

Psalms!!

Pas A by die korrekte antwoord in B:


A.


1.  Psalm 3:

2.  Psalm 12:

3.  Psalm 9:

4.  Psalm 6:

5.  Psalm 7:

6.  Psalm 10:

7.  Psalm 90:

8.  Psalm 37:

9.  Psalm 122:

10.  Psalm 55:

11.  Psalm 5:

12.  Psalm 77:

13.  Psalm 111:

14. Psalm 12:

15. Psalm 9:

16. Psalm 7:


B.


1.  "Ek wil die Here prys omdat Hy reg laat geskied.  Die Naam van die Here, die Allerhoogste, wil ek besing."


2.  "Die Here bly altyd koning, die vyande is uit sy land verdryf."


3.  "Maar daardie mense, o God, U sal hulle in die graf in laat neerdaal. Sulke moordenaars en bedrieërs sal in die fleur van hulle lewe sterf. Maar ek, op U vertrou ek."


4.  "U is nie 'n God wat onreg verdra nie, die kwaad het by U geen plek nie.  Hooghartiges durf nie voor U kom nie. U haat almal wat onreg doen."


5.  "As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my.  Ek is nie bang vir tienduisende mense wat van alle kante af op my toesak nie."


6.  "U, Here, hou oor ons wag. U sal ons vir altyd teen sulke mense beskerm."


7.  "Die Here se beloftes is suiwer, soos silwer in ’n oond gesuiwer, wat sewe keer gesuiwer is."


8.  "Diegene wat u Naam ken, vertrou op U, want U, o Here, laat nie die wat U soek in die steek nie."


9.  "Ek sal U loof, Here, met my hele hart; ek sal vertel van al die wonders wat U gedoen het. Ek sal vol blydskap wees oor U. Ek sal lof besing tot u Naam, o Allerhoogste."


10,  "Die Here het my smeking gehoor; die Here sal my gebed verhoor. Mag al my vyande in die skande kom en verskrik word. Mag hulle skielik in skaamte omdraai."


11.  "maak ’n einde aan die boosheid van die goddelose, maar ondersteun die regverdiges.  God is my skild, Hy wat opregtes van hart verlos."

No comments:

Post a Comment

Volg:

              Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za