Followers

Thursday, 11 September 2025

Bybelnotas!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie 'n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie."


A.  Kolossense 3:

B.  Jakobus 5:

C.  Johannes 1:


2.  "En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie."


A.  Openbaring 10:

B.  Johannes 20:

C.  Matteus 16:


3.  "en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."


A.  Markus 8:

B.  Johannes 11:

C.  Galasiërs 2:


4.  "Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit."


A.  Openbaring 20:

B.  Handelinge 28:

C.  Matteus 25:


5.  "Moenie dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete af te skaf nie; Ek het nie gekom om af te skaf nie, maar om te vervul."


A.  Hebreërs 10:

B.  Markus 13:

C.  Matteus 5:


6.  "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God."


A.  Matteus 13:

B.  Lukas 18:

C.  Romeine 10:


7.  "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."


A.  2 Korintiërs 12:

B.  Matteus 6:

C.  Johannes 15:


8.  “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die goeie boodskap aan arm mense te verkondig. Hy het My gestuur om vir gevangenes aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word, en vir blindes dat hulle weer sal sien, om onderdruktes te bevry."


A.  Markus 10:

B.  Handelinge 13:

C.  Lukas 4:


9.  "Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig."


A.  Handelinge 21:

B.  Matteus 27:

C.  Johannes 16:


10.  "Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters 'n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun."


A.  Johannes 18:

B.  Matteus 25:

C.  Handelinge 20:


11.  "terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke."


A.  Galasiërs 5:

B.  Lukas 10:

C.  Titus 2:

No comments:

Post a Comment

Volg:

              Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za