Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Johannes 1:
2. Filippense 2:
3. Romeine 1:
4. Filippense 4:
5. Hebreërs 12:
6. Genesis 1:
7. Markus 10:
8. Lukas 17:
9. Eksodus 9:
10. Hebreërs 4:
11. Jakobus 5:
12. Jesaja 7:
13. Romeine 15:
14. Handelinge 18:
15. Johannes 3:
16. Johannes 1:
B.
1. "In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig."
2. "Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart."
3. "Bely dus julle sondes teenoor mekaar en bid vir mekaar sodat julle genees kan word. Die gebed van 'n regverdige is kragtig en doeltreffend."
4. "Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Die maagd sal swanger word en 'n seun baar en Hom Immanuel noem."
5. "Hy het gekom om te getuig; hy moes getuig van die lig, sodat almal deur hom tot geloof kon kom."
6. "Jesus antwoord: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, niemand kan in die koninkryk van God ingaan as hy nie uit water en Gees gebore word nie."
7. "Laat hierdie gesindheid in julle wees wat ook in Christus Jesus was."
8. "Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom en sê: "Kyk, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!"
9. "God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk."
10. "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend."
11. "Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop."
No comments:
Post a Comment