Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Die Here is aan my kant; ek sal nie vrees nie. Wat kan 'n mens aan my doen?"
A. Psalm 122:
B. Psalm 137:
C. Psalm 118:
2. "Onderwerp julle daarom in nederigheid aan die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het."
A. Lukas 8:
B. Johannes 11:
C. 1 Petrus 5:
3. "Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne."
A. Deuteronomium 30:
B. Esegiël 37:
C. Jesaja 43:
4. "Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader."
A. Markus 12:
B. Lukas 15:
C. Romeine 8:
5. "Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos."
A. Eksodus 27:
B. Deuteronomium 20:
C. Jesaja 35:
6. "Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as 'n voorreg beskou. Moenie vir mense bang wees of julle laat afskrik nie."
A. Jakobus 5:
B. Handelinge 12:
C. 1 Petrus 3:
7. "As ek bang is, vertrou ek op U. In God, wie se woord ek prys, in God vertrou ek; ek sal nie vrees nie. Wat kan vlees aan my doen?"
A. Psalm 90:
B. Psalm 111:
C. Psalm 56:
8. "Die vrees vir die mens span 'n strik, maar wie op die Here vertrou, is veilig."
A. Josua 20:
B. Psalm 90:
C. Spreuke 29:
9. "Dit is die Here wat voor jou uitgaan. Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie verlaat of in die steek laat nie. Moenie vrees of verskrik wees nie."
A. Eksodus 27:
B. Esegiël 39:
C. Deuteronomium 31:
10. "So kan ons met vertroue sê: “Die Here is my helper; ek sal nie vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?”
A. Lukas 17:
B. Openbaring 20:
C. Hebreërs 13:
11. "Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee."
A. Markus 15:
B. 1 Korintiërs 10:
C. Lukas 12:
No comments:
Post a Comment