Tuesday, 12 August 2025

Gehoorsaamheid aan God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is."


A.  Markus 12:

B.  Matteus 7:

C.  Johannes 18:


2.  “Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.”


A.  Openbaring 18:

B.  Lukas 21:

C.  Johannes 14:


3.  “Bestudeer hierdie instruksieboek gedurig. Dink dag en nag daaroor na, sodat jy alles wat daarin geskryf staan, sal gehoorsaam. Slegs dan sal jy voorspoedig wees en sukses behaal in alles wat jy doen.”


A.  Daniël 7:

B.  Jesaja 11:

C.  Josua 1:


4.  "As julle dan nou na my stem luister en my verbond nakom, sal julle my kosbare besitting onder al die volke wees, want die hele aarde is myne."


A.  Deuteronomium 23:

B.  Jeremia 30:

C.  Eksodus 19:


5.  "As gehoorsame kinders moet julle nie julle lewe inrig volgens die begeertes wat julle vroeër gehad het toe julle God nie geken het nie."


A.  Lukas 7:

B.  1 Petrus 1:

C.  Jakobus 5:


6.  "En dit is die liefde: dat ons volgens sy gebooie wandel; dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het, sodat julle daarin moet wandel."


A.  Filippense 3:

B.  Johannes 10:

C.  2 Johannes 1:


7.  "Petrus en die ander apostels het geantwoord: “'n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!"


A.  Romeine 10:

B.  1 Korintiërs 12:

C.  Handelinge 5:


8.  "Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is."


A.  Lukas 12:

B.  Johannes 17:

C.  Hebreërs 5:


9.   "Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak."


A.  Matteus 15:

B.  Openbaring 20:

C.  2 Korintiërs 10:


10.  "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."


A.  Lukas 13:

B.  Johannes 18:

C.  Romeine 8:


11.  "En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen."


A.  Handelinge 17:

B.  Lukas 20:

C.  Romeine 12:


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za