Wednesday, 30 April 2025

Die Koninkryk van God!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1. Matteus 25:

2. 1 Korintiërs 6:

3. Johannes 3:

4. Matteus 6:

5. Lukas 10:

6. Jakobus 3:

7. Handelinge 10:

8. Hebreërs 2:

9. Lukas 17:

10. Johannes 18:

11. Markus 1:

12. Galasiërs 5:

13. 1 Petrus 2:

14. Romeine 14:

15. Matteus 16:

16. Matteus 6:


B.


1. "Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."


2. "Jesus antwoord: My koninkryk is nie van hierdie wêreld nie. As my koninkryk van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, sodat Ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar my koninkryk is nie van die wêreld nie."


3. "Toe die Fariseërs Hom vra wanneer die koninkryk van God sou kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koninkryk van God kom nie op sigbare maniere nie; en hulle sal ook nie sê: ‘Kyk, hier is dit!’ of: ‘Daar!’ nie, want kyk, die koninkryk van God is onder julle.”


4. En Hy het gesê: “Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo in die evangelie.”


5. “Want die koninkryk van God is nie 'n saak van eet en drink nie, maar van geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.”


6. “Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.”


7. “Dan sal die Koning vir dié aan sy regterkant sê: ‘Kom, julle wat deur my Vader geseën is! Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit."


8. "Laat u koninkryk kom, laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde."


9. "Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie."


10. "Jesus antwoord hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie."


11. "En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom."


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za