Pas A by die regte antwoord in B:
A.
1. Handelinge 20:
2. Efesiërs 1:
3. 1 Petrus 1:
4. Hebreërs 10:
5. Levitikus 17:
6. 1 Johannes 1:
7. Eksodus 23:
8. Jakobus 5:
9. Romeine 10:
10. Hebreërs 9:
11. Openbaring 12:
12. Markus 7:
13. Johannes 10:
14. Romeine 5:
15. Openbaring 1:
16. Hebreërs 9:
B.
1. "Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde."
2. "Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie."
3. "Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die werking van die ewige Gees as ’n volkome offer aan God geoffer het, ons gewetens skoon was van die las van dade wat tot die dood lei sodat ons die lewende God kan dien!"
4. "Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie."
5. "Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word."
6. "en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos."
7. "Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters 'n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun."
8. "Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God.'
9. Julle weet tog dat julle nie met iets vergankliks, soos silwer of goud, losgekoop is uit julle sinlose leefwyse, wat deur julle voorvaders aan julle oorgelewer is nie, maar dat julle losgekoop is met die kosbare bloed van Christus – Hy wat soos 'n lam is, vlekloos en sonder liggaamsgebrek."
10. "Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom."
11. "Omdat die lewe van 'n liggaam in die bloed is, het Ék vir julle die bloed gegee om by die altaar te gebruik, om versoening vir julle lewens te doen. Dit is immers die bloed wat deur die lewe vir 'n persoon versoening doen."
No comments:
Post a Comment