Saturday, 29 March 2025

Psalms!!

Vind die Bybelverse in:


1. Psalm 60:

2. Psalm 59:

3. Psalm 25:

4. Psalm 116:

5. Psalm 147:

6. Psalm 119:

7. Psalm 106:

8. Psalm 76:

9. Psalm 90:

10. Psalm 35:

11. Psalm 89:


1.  "Here ons God, red ons! Versamel ons weer uit die nasies sodat ons u heilige Naam kan prys, in U bly kan wees, en U kan loof."


2.  "Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God."


3.  "Ek het gesê: “U troue liefde sal vir altyd duur. U getrouheid is so standvastig soos die hemel.”


4.  "Die glans van u verskyning is heerliker as die hoogste berge."


5.  "Maar ek sal juig in die Here, ek sal jubel oor die redding wat Hy bring."


6.  "Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap."


7.  "My God sal my te hulp kom in sy trou, God sal my laat neersien op my teëstanders."


8.  "As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies, sodat hy voorspoed sal geniet en sy nageslag die land sal bly bewoon."


9.  "U het my van die dood gered, U het 'n einde gemaak aan my trane, U het gesorg dat ek nie weer struikel nie."


10.  "Prys die Here! Dit is goed om tot lof van ons God te sing, dit is 'n genot om die loflied te sing wat Hom toekom."


11.  "Ondersteun my, volgens u woord, sodat ek kan lewe; laat my nie beskaamd staan oor my hoop nie."


No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za