Kies die regte Skrifgedeelte:
1. “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê."
A. Markus 10:
B. Handelinge 12:
C. Johannes 3:
2. "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God."
A. Jakobus 5:
B. Lukas 8:
C. Johannes 1:
3. "Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie."
A. Handelinge 18:
B. Openbaring 20:
C. Johannes 14:
4. "Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.”
A. Johannes 20:
B. Openbaring 17:
C. Matteus 28:
5. "Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus."
A. 2 Petrus 5:
B. Markus 10:
C. Romeine 3:
6. "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God."
A. Galasiërs 6:
B. 2 Korintiërs 10:
C. Efesiërs 2:
7. In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef. Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig. God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei."
A. Eksodus 7:
B. Josua 10:
C. Genesis 1:
8. "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
A. Titus 3:
B. Jakobus 5:
C. Handelinge 1:
9. "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek."
A. Handelinge 8:
B. Lukas 12:
C. 2 Timoteus 3:
10. "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word."
A. Markus 15:
B. Hebreërs 8:
C. Romeine 10:
11. "Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here."
A. Hebreërs 12:
B. Lukas 15:
C. Romeine 6:
No comments:
Post a Comment