Wednesday, 19 March 2025

God is liefde!!

 Kies die regte Skrifgedeelte:



1.  "God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê."

A.  Markus 10:
B.  Johannes 3:
C.  Filippense 2:


2.  "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie.  En die grootste hiervan is die liefde!

A.  Matteus 21:
B.  Lukas 17:
C.  1 Korintiërs 13:


3.  "Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit Hom nie ken nie."

A.  Jakobus 5:
B.  Handelinge 23:
C.  1 Johannes 3:


4.  "Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God."

A.  Markus 15:
B.  Romeine 13:
C.  1 Johannes 4:


5.  "en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."

A.  Johannes 21:
B.  Kolossense 3:
C.  Galasiërs 2:


6.  "Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"

A.  Prediker 12:
B.  Sagaria 9:
C.  Jeremia 29:


7.  "Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra."

A.  Esegiël 30:
B.  Jeremia 31:
C.  Jesaja 50:


8.  "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."

A.  Matteus 21:
B.  Romeine 5:
C.  Jakobus 3:


9.  "Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou."

A.  Habakuk 3:
B.  Miga 7:
C.  Sefanja 3:


10.  "Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief.  Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!"

A.  Lukas 22:
B.  Handelinge 20:
C.  Efesiërs 2:

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za