Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Die Vader lewe. Hy het My gestuur en Hy laat My lewe. So laat Ek ook almal lewe wat my liggaam eet."
A. Lukas 12:
B. Matteus 21:
C. Johannes 6:
2. "Jesus het vir haar gesê: “Ek laat mense lewe, Ek laat hulle vir altyd lewe. Mense wat in My glo en sterf, sal lewe."
A. Markus 15:
B. Johannes 11:
C. Romeine 8:
3. "Ja, Christus het vir almal gesterf. Daarom moet die mense wat nou 'n nuwe lewe het, nie meer lewe vir hulleself nie. Nee, hulle moet lewe vir Christus, want Christus het vir hulle gesterf, en God het Hom weer laat lewe. Christus het dit gedoen vir die mense wat nou 'n nuwe lewe het."
A. Handelinge 20:
B. 2 Korintiërs 5:
C. 1 Petrus 3:
4. "Die mense wat reg lewe, hou aan om reg te lewe, mense wat goed doen, word altyd sterker."
A. Spreueke 20:
B. Psalm 88:
C. Job 17:
5. "God die Almagtige het my gemaak, Hy het vir my lewe gegee, Hy het asem gegee wat my laat lewe."
A. Spreuke 13:
B. Prediker 5:
C. Job 33:
6. "Iemand kan dink dat hy reg lewe, maar die manier hoe hy lewe, bring hom by die dood."
A. Psalm 110:
B. Esegiël 33:
C. Spreueke 14:
7. "As ek lewe, dan lewe ek vir Christus, en as ek sterf, dan is dit vir my nog beter."
A. Jakobus 3:
B. Filippense 1:
C. Romeine 12:
8. "Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed."
A. Matteus 23:
B. Hebreërs 10:
C. Johannes 10:
9. "want U het my gered van die dood, U het gekeer sodat ek nie val nie. Ek kon aanhou lewe naby God, ek kon lewe in sy lig, dit is die lig wat my laat lewe."
A. Psalm 88:
B. Psalm 56:
C. Psalm 130:
10. "hy lewe soos Ek sê en hy doen wat Ek wil hê, hy doen die regte dinge. “So 'n mens lewe reg. Hy sal aanhou lewe, dit is seker.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is."
A. Jeremia 39:
B. Josua 10:
C. Esegiël 18:
No comments:
Post a Comment