Vind die verse in:
1. Psalm 119:
2. Jakobus 2:
3. Hebreërs 11:
4. Romeine 14:
5. Hebreërs 10:
6. Job 13:
7. Psalm 37:
8. Psalm 84:
9. Psalm 118:
10. Psalm 73:
1. "Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid."
2. "Al beswyk my vlees en my hart—God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid."
3. "Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. Hulle gaan van krag tot krag; elkeen van hulle sal verskyn voor God in Sion."
4. "Die HERE is my sterkte en psalm, en Hy het my tot heil geword."
5. "My siel drup weg van kommer; rig my op na u woord."
6. "En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek."
7. "Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood."
8. "en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde."
9. "Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie."
10. "Kyk, al wil Hy my ombring—ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit."
No comments:
Post a Comment