Tuesday, 17 November 2020

Bybel Notas!!

Vind die verse in:

 

1.  2 Korintiërs 10:
2.  1 Johannes 5:
3.  2 Timoteus 2:
4.  Efesiërs 6:
5.  Matteus 17:
6.  Hebreërs 12:
7.  Jesaja 40:
8.  Matteus 19:
9.  2 Korintiërs 3:
10.  Jesaja 41:
11.  Romeine 8:


1.  "Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie."


2.  "Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand."         


3.  "Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik."   


4.  "Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?"   


5.  "Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God."


6.  "want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp."   


7.  "As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie."


8.  "Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof."   


9.  "Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus."    


10.  "En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie."   


11.  "die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het."    
 

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za