1. "Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie."
A. Psalm 89:
B. Psalm 5:
C. Psalm 16:
2. "Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe—wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor jul liggaam—wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?"
A. Romeine 10:
B. Lukas 20:
C. Matteus 6:
3. "En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is."
A. Handelinge 19:
B. 1 Johannes 3:
C. Markus 15:
4. "Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken."
A. Psalm 125:
B. Psalm 30:
C. Psalm 91:
5. "My oë is altyddeur op die HERE, want Hy sal my voete uit die net uitlei."
A. Psalm 145:
B. Psalm 25:
C. Psalm 110:
6. "maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord."
A. Jakobus 5:
B. 1 Petrus 3:
C. Handelinge 6:
7. "Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus."
A. Galasiërs 5:
B. Johannes 20:
C. Filippense 3:
8. "Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie."
A. Matteus 22:
B. 2 Korintiërs 10:
C. Romeine 12:
9. "omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig."
A. Lukas 19:
B. 1 Timoteus 5:
C. 2 Korintiërs 4:
10. "maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou."
A. Kolossense 2:
B. Hebreërs 3:
C. Johannes 20:
No comments:
Post a Comment