Wie is die Heilige Gees?
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef."
A. Eksodus 23:
B. Genesis 1:
C. Josua 11:
2. "Toe antwoord Petrus hulle: “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang."
A. Markus 12:
B. Handelinge 2:
C. Jakobus 5:
3. “Die Here” beteken hier “die Gees” en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid."
A. 1 Petrus 5:
B. Filippense 2:
C. 2 Korintiërs 3:
4. "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!"
A. Johannes 20:
B. Handelinge 17:
C. Romeine 15:
5. "Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik."
A. 1 Tessalonisense 5:
B. 1 Korintiërs 6:
C. Matteus 19:
6. "Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees."
A. Lukas 10:
B. Johannes 14:
C. Hebreërs 12:
7. "en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het."
A. Handelinge 20:
B. Romeine 10:
C. Johannes 14:
8. "en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het."
A. Markus 15:
B. Titus 2:
C. Romeine 5:
9. "Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie?"
A. 1 Johannes 5:
B. 1 Korintiërs 3:
C. Hebreërs 10:
10. "As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee — die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.”
A. Johannes 15:
B. Handelinge 21:
C. Lukas 11:
Tuesday, 21 April 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment