Die Groot EK IS!!
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”
A. Josua 10:
B. Rigters 13:
C. Eksodus 3:
2. "Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie."
A. Markus 15:
B. Johannes 14:
C. Lukas 21:
3. "Jesus het hulle geantwoord: “Dít verseker Ek julle: Voordat Abraham gebore is, was Ek al wat Ek is.”
A. Handelinge 18:
B. Jakobus 5:
C. Johannes 8:
4. "Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie."
A. Romeine 10:
B. Filippense 3:
C. Johannes 15:
5. “Ek is die Alfa en die Omega,” sê die Here God, Hy wat is en wat was en wat kom, die Almagtige."
A. Matteus 23:
B. Openbaring 1:
C. Handelinge 11:
6. "Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook."
A. Galasiërs 5:
B. 2 Korintiërs 9:
C. Johannes 11:
7. "Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”
A. Handelinge 21:
B. Johannes 8:
C. Jakobus 3:
8. "Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie."
A. 1 Timoteus 5:
B. Romeine 12:
C. Johannes 6:
9. “Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer."
A. Lukas 22:
B. Johannes 15:
C. Titus 3:
10. "Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet."
A. Markus 10:
B. Openbaring 21:
C. Handelinge 17:
Tuesday, 21 April 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment