Geloofsheld: Abraham en sy storie:
Die vader van baie nasies:
Genesis 12:
Roeping van Abram. Hy kom in Kanaän. Sy trek na Egipte
EN
die Here het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en
uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
En Ek sal jou ’n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ’n seën sal wees.
En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Toe
het Abram weggetrek soos dieHere hom gesêhet, en Lot het saam met hom
getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.
En
Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle
besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran
verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in
die land Kanaän gekom.
En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die terpentynboom More. Die Kanaäniete was toe in die land.
Daarop
verskyn die Here aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land
gee. Toe bou hy daar ’n altaar vir die Here wat aan hom verskyn het.
En
daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy
tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en
daar vir die Here ’n altaar gebou en die Naam van die Here aangeroep.
Daarna het Abram al verder na die Suidland weggetrek.
En
daar was hongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het om
daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die
land.
En
toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai
gespreek: Kyk, ek weet dat jy ’n vrou is mooi van aansien.
As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou —en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.
Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.
Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.
Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.
En
hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en
beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry
het.
Maar die Here het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.
Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie?
Waarom het jy gesê: Sy is my suster—sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem haar en gaan weg.
En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting."
Wednesday, 29 April 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment