Saturday, 7 March 2020

Vind die verse in:


1.  Jesaja 64:
2.  Psalm 89:
3.  Job 22:
4.  Psalm 104:
5.  Johannes 10:
6.  Johannes 17:
7.  1 Timoteus 2:
8.  Openbaring 4:
9.  Jeremia 10:
10.  1 Johannes 5:


1.  "Maar as Ek dit wel doen en julle tog nie in My glo nie, moet julle ten minste aan die werke glo, sodat julle kan insien en weet dat die Vader in My en Ek in die Vader is.”

2.  "Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het."

3.  "Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God."

4.  "Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.”

5.  "Dit is die Here wat met sy krag die aarde gemaak het, wat met sy wysheid die wêreld gevestig het en met insig die hemel oopgesprei het."

6.  "En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die ware God te ken; en ons is in die ware God, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die ware God en die ewige lewe."

7.  "Wie in die hemel kan met die Here vergelyk word? Wie onder die hemelwesens is soos die Here?"

8.  "Is God dan nie hoog in die hemel nie? Kyk net hoe hoog sit die sterre!"

9.  "Ek wil die Here loof! Here my God, U is baie groot, U is beklee met koninklike luister."

10.  "Van ouds af het niemand so iets gehoor nie, het niemand so iets verneem nie, het geen oog 'n god gesien wat vir dié wat op hom vertrou, doen wat U doen nie."

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za