Kies die regte Skrifgedeelte:
1.
"God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het,
sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe
sal hê."
A. Markus 10:
B. Johannes 3:
C. Filippense 2:
2. "En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!
A. Matteus 21:
B. Lukas 17:
C. 1 Korintiërs 13:
3.
"Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons
kinders van God, en ons is dit ook. En die wêreld ken ons nie, omdat dit
Hom nie ken nie."
A. Jakobus 5:
B. Handelinge 23:
C. 1 Johannes 3:
4. "Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God."
A. Markus 15:
B. Romeine 13:
C. 1 Johannes 4:
5.
"en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.
Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van
God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê."
A. Johannes 21:
B. Kolossense 3:
C. Galasiërs 2:
6.
"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie
teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!"
A. Prediker 12:
B. Sagaria 9:
C. Jeremia 29:
7. "Van ver af het die Here Hom aan Israel bekend gemaak: Ek het jou nog altyd liefgehad, daarom het Ek jou met geduld verdra."
A. Esegiël 30:
B. Jeremia 31:
C. Jesaja 50:
8. "Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was."
A. Matteus 21:
B. Romeine 5:
C. Jakobus 3:
9.
"Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol
vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor
jou."
A. Habakuk 3:
B. Miga 7:
C. Sefanja 3:
10.
"Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy
groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam
met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!"
A. Lukas 22:
B. Handelinge 20:
C. Efesiërs 2:
Saturday, 7 March 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment