Psalm 27:
Die Here is my lig en my redder
Van Dawid.
"Die
Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my
toevlug, vir wie sou ek vrees? As misdadigers op my afstorm om my dood
te maak, my teëstanders en my vyande, dan is dit juis húlle wat struikel
en val. Al sou 'n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word
nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê.
Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my
hele lewe lank in sy huis mag woon om sy goedheid te belewe en daaroor
na te dink in sy tempel. Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek
in sy huis, my veilig laat skuil in sy woonplek, my hoog op 'n rots laat
staan; ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring, ek
sal 'n lied sing, ek sal sing tot die eer van die Here terwyl ek neerkyk
op die vyande rondom my. Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my
genadig en verhoor my gebed. Ek onthou wat U gesê het: “Julle moet My
kom dien!” Ek is hier om U te dien, Here. Moet U tog nie vir my verberg
nie, moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie, want U was nog
altyd my hulp. Moet my tog nie verstoot en verlaat nie, want U alleen is
die God wat my red. Al sou my vader en my moeder my verlaat, die Here
sal my onder sy sorg neem. Leer my u wil, Here, en lei my op 'n gelyk
pad sodat my vyande nie hulle sin kry nie. Moet my tog nie oorgee aan
die venyn van my teëstanders nie, want daar staan vals getuies teenoor
my en hulle blaas geweld teen my aan. As ek darem nie geglo het dat ek
die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!
Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die
Here!"
Sunday, 15 March 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment