Psalm 23:
"Die Here is my Herder
'n Psalm van Dawid.
Die
Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen
weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek
deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u
hande is ek veilig. U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my
teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai
met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek
sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae."
Sunday, 15 March 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment