Kies die regte Skrifgedeelte:
1.
"Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare;
want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig."
A. Markus 15:
B. Lukas 21:
C. 2 Korintiërs 4:
2. "Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee."
A. Johannes 12:
B. Matteus 6:
C. Galasiërs 5:
3.
"Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys
kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus."
A. Jakobus 3:
B. Handelinge 20:
C. Filippense 3:
4. "Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag."
A. 1 Petrus 5:
B. Filippense 3:
C. Mattheus 23:
5. "Vertrou altyd op die Here, want die Here God is 'n veilige toevlug."
A. Jeremia 51:
B. Hooglied 8:
C. Jesaja 26:
6.
"Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God
julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan
onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik is."
A. Titus 2:
B. Jakobus 3:
C. Romeine 12:
7. "Leer my u pad, Here, ek wil wandel in u waarheid; leer my U met toewyding dien."
A. Psalm 99:
B. Psalm 130:
C. Psalm 86:
8. "Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie."
A. Psalm 145:
B. Psalm 16:
C. Psalm 77:
9.
"Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam.
Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie, want enigeen wat 'n
kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat
ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof."
A. 1 Timoteus 5:
B. Markus 12:
C. 1 Johannes 3:
10.
"Met hierdie vooruitsig span ons ons kragte in en stry ons, want ons
het ons hoop op die lewende God gevestig, wat die Verlosser is van alle
mense, van almal wat glo."
A. Lukas 21:
B. Romeine 10:
C. 1 Timoteus 4:
Thursday, 27 February 2020
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Volg:
Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za

-
Gehoorsaamheid! Vind die verse in: 1. Johannes 14: 2. Deuteronomium 28: 3. Deuteronomium 5: 4. Jakobus 1: 5. 1 Korintiërs 15: ...
-
Verlossing Gebed: Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is. Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes. Ek gee m...
-
Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN https://tersduvenage73.wixsite.com/we...
No comments:
Post a Comment