Thursday, 27 February 2020

Gehoorsaamheid!

Vind die verse in:


1.  Johannes 14:
2.  Deuteronomium 28:
3.  Deuteronomium 5:
4.  Jakobus 1:
5.  1 Korintiërs 15:
6.  Lukas 9:
7.  Lukas 10:
8.  Romeine 8:
9.  Psalm 128:
10.  Psalm 119:


1.  "Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van Here nie tevergeefs is nie."

2.  "Toe het Hy vir almal gesê: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, elke dag sy kruis opneem en My volg."

3.  "Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God."

4.  "Hy antwoord: "Jy moet die Here jou God  liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself."

5.  "Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en sy wil doen.  Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees."

6.  "Ek talm nie, ek haas my om u gebooie te onder hou."

7.  "Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julleself."

8.  "As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek vandag jou gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel.  As jy luister na die Here jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe verryk."

9.  "Bly op die pad wat die Here julle God vir julle aangewys het, sodat julle kan bly lewe en voorspoedig kan wees en lank kan woon in die land wat julle in besit sal neem."    

10.  "Jesus antwoord hom: "As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon."

No comments:

Post a Comment

Volg:

    Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za