Hallo! Ons is terug!!Vandag se onderwerp is Vertrou op God!
Kies die regte Skrifgedeelte:
1. "Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie."
A. Psalms 25:
B. Psalms 9:
C. Psalms 31:
2. "Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop."
A. Josua 10:
B. Eksodus 17:
C. Spreuke 3:
3. "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!"
A. Matteus 21:
B. Handelinge 23:
C. Romeine 15:
4. "Maar dadelik, toe Jesus die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net."
A. Lukas 9:
B. Hebreërs 12:
C. Markus 5:
5. "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is."
A. 1 Korintiërs 11:
B. Johannes 15:
C. Romeine 8:
6. "Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid."
A. Markus 15:
B. Johannes 7:
C. Hebreërs 13:
7. "Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die Here jou God is met jou, oral waar jy heengaan."
A. Jesaja 8:
B. Esegiël 12:
C. Josua 1:
8. "U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die Here , want die Here God is vir altyd ’n veilige toevlug."
A. Spreuke 20:
B. Jesaja 26:
C. Jeremia 33:
9. "En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom."
A. Markus 10:
B. Lukas 13:
C. 1 Johannes 4:
10. “Laat julle harte nie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My."
A. Matteus 23:
B. Handelinge 27:
C. Johannes 14:
11. "Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here 'n veilige vesting is; so iemand is soos 'n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; 'n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie."
A. Josua 20:
B. Jesaja 28:
C. Jeremia 17

No comments:
Post a Comment