Followers

Saturday, 28 March 2026

Daniel en Ester: Daar is net een weg en dit is die Jesus weg!!

 


Halloo! Ons is terug en vandag praat ons oor: Daar is net een weg en dit is die Jesus weg.  Jesus is die Weg, die Waarheid, en die Lewe.  Die weg na die hemel is alleen deur Jesus en nie deur die wêreld nie.  Wees 'n Christen op God se terme en nie op die wêreld se terme nie.  Moenie fokus op die wêreld nie maar eerder op die Woord van God.  Mediteer op God se Woord dag en nag.  Om in God se teenwoordigheid te spandeer, moet eerste prioriteit wees in jou lewe, en nie laaste nie.  Die Woord van God moet soos 'n lewenstyl wees in jou lewe, en nie in jou lewenstyl inpas nie.  Om 'n Jesus volgeling te wees beteken dat jy nie 'n kompromie kan aangaan nie.  Moet nooit 'n kompromie aangaan nie!! Maak nie saak wat die wêreld sê nie.  Jy sal vervolg word, mense sal hulle rug op jou draai, selfs jou eie familie.  Is jy bereid om te verander soos Jesus wil, wat die regte weg is?  Is jy bereid om  op die Jesus manier te verander, wat die regte manier is, of is jy gelukkig in jou gemaksone, lewe op die wêreld se manier, luister na wat mense sê jy moet doen.  Jy kan nie met een voet op die Jesus manier en die ander voet op die wêreld se manier staan nie.  Gaan nie uitwerk nie en dit sal jou nie na die ewige lewe toe lei nie.  Mense will God dien op hulle terme, maar dit is nie die regte weg nie.  Is jy bereid om te verander, wees soos Jesus of wil jy 'n kompromie aangaan om mense tevrede te stel.  Jy moet altyd God tevrede stel.  Word 'n ware Jesus volgeling.  

No comments:

Post a Comment

Volg:

               Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za