Followers

Saturday, 28 March 2026

Volg:

              Volg:


Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op:


https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com


EN


www.aksiekidzvirjesus.co.za

Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!

   Aksie Kidz vir Jesus Gear is nou beskikbaar !!


Beskikbaar in Afrikaans. Ook beskikbaar vir volwassenes !!

 

Studiegidse R90 

NotaBoeke R70 

Inkleurboeke R90

Plakkerboeke R190 

Aktiwiteitsboeke R90 

Legkaarte R270

Bekers R170

T-hemde R270 


E-pos: navrae@aksiekidzvirjesus.co.za 









Follow Kingdom Lifestyle Ministries!!

      

     



  












Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!

 Hoe weet ek ek is in die regte of verkeerde kerk!!Nie elke kerk n, Pastoor sal hemel toe gaan nie!! Jy moet seker maak jy behoort aan 'n kerk wat gevul is met die Heilige Gees. Vra God om jou te help om vir jou die regte kerk te wys!! Dit is baie belangrik om aan die regte kerk te behoort. 'n Kerk waar jy gemaklik is is 'n groot NEE!! Jy moet uitgedaag word in jou geloof. Jou geloof moet groei. 'n Kerk wat gevul is met die Heilige Gees is die regte kerk!  Maak seker jy is ook Wedergebore!! Jy moet jou bekeer en jou lewe vir Jesus gee en gedoop word!! 'n Kerk moet vermy word: 1.  Wanneer die kerk nie gevul is met die Heilige Gees nie.   2.  Te veel leerstellings, soos die normale tradisionele kerke. 3.  Die doop van babas.  Dit is nie Bybels nie.  Jesus was gedoop toe Hy 30 was en nie as 'n baba nie. 4.  Preke  wat gaan oor wat mense wil hoor en nie wat hulle moet hoor nie.  Jy moet ver van hulle af bly!! Fokus nou daarop om die regte kerk te vind. Vra God om vir jou die regte kerk te wys en om deure vir jou oop te maak om daar uit te kom!! Maar dit is van lewensbelang dat jy na die regte kerk moet gaan!! ’n Godsdienstige kerk is groot moeilikheid. Dit gaan jou nie help om in die hemel te kom nie!! Die regte kerk is, wat met die Heilige Gees gevul is, waar jy groei in jou geloof, waar jy uitgedaag word in jou geloof, waar hulle almal van alle ouderdomme doop en gefokus is op die Woord van God alleen!

Matteus 14:

 "Die dood van Johannes die Doper


Daardie tyd het Herodes, die heerser, gehoor wat van Jesus vertel word, en hy het vir sy paleispersoneel gesê: “Maar dit is mos Johannes die Doper! Hy is uit die dood opgewek, daarom werk die kragte in hom!”

Vroeër het Herodes vir Johannes laat vang, laat boei en in die tronk laat opsluit. Dit het hy gedoen oor Herodias die vrou van sy broer Filippus, want Johannes het vir Herodes gesê: “U mag haar nie as vrou vat nie.” Herodes wou hom daaroor doodmaak maar was tog bang vir die mense, omdat hulle hom as 'n profeet beskou het.

Met Herodes se verjaarsdagviering het die dogter van Herodias voor die gaste gedans. Herodes was so in sy skik met haar dat hy 'n eed afgelê het dat hy vir haar sal gee net wat sy vra.  Haar ma het haar voorgesê en sy het gevra: “Gee vir my hier in 'n skottel die kop van Johannes die Doper.”

Hieroor het die koning baie sleg gevoel, maar vanweë die eed wat hy voor die gaste afgelê het, het hy opdrag gegee dat aan haar versoek voldoen moet word.  Hy het iemand gestuur en Johannes in die tronk laat onthoof.  Hulle het sy kop in 'n skottel ingebring en aan die meisie gegee, wat dit na haar ma toe gevat het.  Sy dissipels het sy liggaam kom haal en begrawe; en hulle het dit vir Jesus gaan vertel.


Die eerste vermeerdering van die brood

Toe Jesus dit hoor, het Hy met 'n skuit daarvandaan weggegaan na 'n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg. Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak.

Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom sê: “Dit is 'n afgeleë plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe.”

Maar Jesus sê vir hulle: “Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet.”

Hulle sê toe vir Hom: “Ons het hier net vyf brode en twee visse.”

“Bring dit vir My hier,” sê Hy.

Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het. Daar was omtrent vyf duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.


Jesus loop op die see

Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan. Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.

Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor. Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu.

Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.”

Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.”

“Kom!” sê Hy.

Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom.  Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!”

Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê.  Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.”


Jesus genees mense in die landstreek Gennesaret

Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. Net toe die mense van daardie plek agterkom wie Hy is, het hulle boodskappers deur daardie hele omgewing gestuur, en die mense het almal wat ongesteld was, na Hom toe gebring. Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword."

Wees gehoorsaam aan die Here!!

Vind die Bybelverse in:


1.  Romeine 16:

2.  1 Petrus 2:

3.  1 Samuel 15:

4.  Romeine 6:

5.  Spreuke 14:

6.  Galasiers 5:

7.  Hebreërs 5:

8.  Romeine 5:

9.  2 Korintiërs 10:

10.  Psalm 103:


1.  "Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het."


2.  "Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak."


3.  "Loof die Here, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!"


4.  "Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word."


5.  "maar nou geopenbaar is en deur die profetiese Skrifte bekend gemaak is onder al die heidene, volgens die bevel van die ewige God, tot gehoorsaamheid van die geloof."


6.  "Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme."


7.  "Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus.  Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!"


8.  "as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe."

    

9.  "Gehoorsaamheid aan die Here laat 'n volk sterk staan; sonde bring skande oor 'n volk."


10.  "Wie het julle omgepraat? Nie God nie; Hy roep julle tot gehoorsaamheid."


Die Bloed Van Jesus!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1. Handelinge 20:

2. Efesiërs 1:

3. 1 Petrus 1:

4. Hebreërs 10:

5. Levitikus 17:

6. 1 Johannes 1:

7. Eksodus 23:

8. Jakobus 5:

9. Romeine 10:

10. Hebreërs 9:

11. Openbaring 12:

12. Markus 7:

13. Johannes 10:

14. Romeine 5:

15. Openbaring 1:

16. Hebreërs 9:


B.  


1.  "Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde."


2.  "Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie."


3.  "Hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die werking van die ewige Gees as ’n volkome offer aan God geoffer het, ons gewetens skoon was van die las van dade wat tot die dood lei sodat ons die lewende God kan dien!"


4.  "Hulle het self die oorwinning oor hom behaal danksy die bloed van die Lam en die boodskap waarvan hulle getuig het; en hulle het nie hulle lewens so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterwe nie."


5.  "Aangesien ons nou vrygespreek is op grond van sy versoeningsdood, staan dit soveel vaster dat ons deur Hom ook van die straf van God gered sal word."


6.  "en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos."


7.  "Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters 'n kudde versorg, so moet julle die gemeente van God versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun."


8.  "Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God.'


9.  Julle weet tog dat julle nie met iets vergankliks, soos silwer of goud, losgekoop is uit julle sinlose leefwyse, wat deur julle voorvaders aan julle oorgelewer is nie, maar dat julle losgekoop is met die kosbare bloed van Christus – Hy wat soos 'n lam is, vlekloos en sonder liggaamsgebrek."


10.  "Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom."


11.  "Omdat die lewe van 'n liggaam in die bloed is, het Ék vir julle die bloed gegee om by die altaar te gebruik, om versoening vir julle lewens te doen. Dit is immers die bloed wat deur die lewe vir 'n persoon versoening doen."


Nuwe lewe in Christus!!

Kies die regte Skrifgedeelte:



1.  "Die Vader lewe. Hy het My gestuur en Hy laat My lewe. So laat Ek ook almal lewe wat my liggaam eet."


A.  Lukas 12:

B.  Matteus 21:

C.  Johannes 6:

    

2.  "Jesus het vir haar gesê: “Ek laat mense lewe, Ek laat hulle vir altyd lewe. Mense wat in My glo en sterf, sal lewe."


A.  Markus 15:

B.  Johannes 11:

C.  Romeine 8:


3.  "Ja, Christus het vir almal gesterf. Daarom moet die mense wat nou 'n nuwe lewe het, nie meer lewe vir hulleself nie. Nee, hulle moet lewe vir Christus, want Christus het vir hulle gesterf, en God het Hom weer laat lewe. Christus het dit gedoen vir die mense wat nou 'n nuwe lewe het."


A.  Handelinge 20:

B.   2 Korintiërs 5:

C.  1 Petrus 3: 

   

4.  "Die mense wat reg lewe, hou aan om reg te lewe, mense wat goed doen, word altyd sterker."


A.  Spreueke 20:

B.  Psalm 88:

C.  Job 17:


5.  "God die Almagtige het my gemaak, Hy het vir my lewe gegee, Hy het asem gegee wat my laat lewe."


A.  Spreuke 13:

B.  Prediker 5:

C.  Job 33:


6.  "Iemand kan dink dat hy reg lewe, maar die manier hoe hy lewe, bring hom by die dood."


A.  Psalm 110:

B.  Esegiël 33:

C.  Spreueke 14:


7.  "As ek lewe, dan lewe ek vir Christus, en as ek sterf, dan is dit vir my nog beter."


A.  Jakobus 3:

B.  Filippense 1:

C.  Romeine 12:


8.  "Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed."


A.  Matteus 23:

B.  Hebreërs 10:

C.  Johannes 10:


9.  "want U het my gered van die dood, U het gekeer sodat ek nie val nie. Ek kon aanhou lewe naby God, ek kon lewe in sy lig, dit is die lig wat my laat lewe."


A.  Psalm 88:

B.  Psalm 56:

C.  Psalm 130:


10.  "hy lewe soos Ek sê en hy doen wat Ek wil hê, hy doen die regte dinge. “So 'n mens lewe reg. Hy sal aanhou lewe, dit is seker.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is."


A.  Jeremia 39:

B.  Josua 10:

C.  Esegiël 18:

Jesus - Die Seun van God!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  "Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik."


A.  Jakobus 5:

B.  Markus 10:

C.  Lukas 18:


2.  "die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het."


A.  Handelinge 22:

B.  1 Petrus 5:

C.  Hebreërs 12:


3.  "Jesus sê vir haar: Het Ek nie vir jou gesê, as jy glo, sal jy die heerlikheid van God sien nie?"


A.  2 Korintiërs 10:

B.  1 Tessalonisense 5:

C.  Johannes 11:


4.  "Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is—God bly in hom, en hy in God."


A.  Galasiërs 5:

B.  Markus 13:

C.  1 Johannes 4:


5.    "Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was."


A.  Johannes 20:

B.  Filippense 2:

C.  Jakobus 5:


6.  "En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een."


A.  Lukas 11:

B.  Romeine 15:

C.  Johannes 10:


7.  "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom."


A.  Josua 7:

B.  Jeremia 33:

C.  Jesaja 53:


8.  "En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie."


A.  Efesiërs 5:

B.  Hebreërs  9:

C.  Handelinge 4:


9.  "Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde."


A.  Johannes 19:

B.  Kolossense2:

C.  Matteus 18:


10.  "Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik."


A.  Openbaring 15:

B.  Lukas 18:

C.  Romeine 10:


11.  "Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe."


A.  1 Timoteus 3:

B.  1 Johannes 4:

C.  Markus 15:


12.  "Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus."


A.  2 Petrus 1:

B.  Titus 3:

C.  1 Korintiërs 15:


Daniel en Ester: Daar is net een weg en dit is die Jesus weg!!

 


Halloo! Ons is terug en vandag praat ons oor: Daar is net een weg en dit is die Jesus weg.  Jesus is die Weg, die Waarheid, en die Lewe.  Die weg na die hemel is alleen deur Jesus en nie deur die wêreld nie.  Wees 'n Christen op God se terme en nie op die wêreld se terme nie.  Moenie fokus op die wêreld nie maar eerder op die Woord van God.  Mediteer op God se Woord dag en nag.  Om in God se teenwoordigheid te spandeer, moet eerste prioriteit wees in jou lewe, en nie laaste nie.  Die Woord van God moet soos 'n lewenstyl wees in jou lewe, en nie in jou lewenstyl inpas nie.  Om 'n Jesus volgeling te wees beteken dat jy nie 'n kompromie kan aangaan nie.  Moet nooit 'n kompromie aangaan nie!! Maak nie saak wat die wêreld sê nie.  Jy sal vervolg word, mense sal hulle rug op jou draai, selfs jou eie familie.  Is jy bereid om te verander soos Jesus wil, wat die regte weg is?  Is jy bereid om  op die Jesus manier te verander, wat die regte manier is, of is jy gelukkig in jou gemaksone, lewe op die wêreld se manier, luister na wat mense sê jy moet doen.  Jy kan nie met een voet op die Jesus manier en die ander voet op die wêreld se manier staan nie.  Gaan nie uitwerk nie en dit sal jou nie na die ewige lewe toe lei nie.  Mense will God dien op hulle terme, maar dit is nie die regte weg nie.  Is jy bereid om te verander, wees soos Jesus of wil jy 'n kompromie aangaan om mense tevrede te stel.  Jy moet altyd God tevrede stel.  Word 'n ware Jesus volgeling.  

Psalms!!

Pas A by die regte antwoord in B:


A.


1.  Psalm 9:

2.  Psalm 6:

3.  Psalm 7:

4.  Psalm 5:

5.  Psalm 8:

6.  Psalm 11:

7.  Psalm 37:

8.  Psalm 111:

9.  Psalm 20:

10.  Psalm 90:

11.  Psalm 53:

12.  Psalm 2:

13.  Psalm 9:

14.  Psalm 18:

15.  Psalm 133:

16.  Psalm 9:

17.  Psalm 10:

18.  Psalm 11:


B.


1.  "Maar die Here is in sy heilige tempel; die Here regeer steeds vanuit die hemel. Hy hou almal dop, Hy ondersoek elke persoon op aarde. Die Here ondersoek die regverdige en die goddelose. Hy haat die wat geweld liefhet."


2.  "Ek vertrou op die Here vir beskerming. Waarom sê U dan vir my: “Vlieg soos 'n voël na die berge vir veiligheid!”


3.  "Die redding van die regverdiges kom van die Here; Hy is hulle toevlug in tyd van benoudheid."


4.  "Die Here is bekend aan sy dade van geregtigheid; die goddelose word verstrik deur die werk van hulle hande."


5.  "Die Here is Koning vir altyd en ewig; nasies verdwyn uit sy land."


6.  "Die Here het my hulpgeroep gehoor; die Here aanvaar my gebed."


7.  "Ek sal U loof, Here, met my hele hart; ek sal vertel van al die wonders wat U gedoen het. Ek sal vervul wees met vreugde as gevolg van U. Ek sal lofliedere sing tot u Naam, o Allerhoogste."


8.  "As 'n mens nie berou het nie, sal God sy swaard skerp maak; hy sal sy boog span en span. Hy sal sy dodelike wapens voorberei en sy vlammende pyle afskiet."


9.  "Maar laat almal wat by U skuil, juig; laat hulle vir ewig vreugdevolle lofliedere sing." Sprei u beskerming oor hulle uit, sodat almal wat u Naam liefhet, met vreugde vervul kan word. Want U seën die godvresendes, o Here; U omring hulle met u skild van liefde."


10.  "Die Here is 'n toevlug vir die verdruktes, 'n toevlug in tye van benoudheid. Die wat u Naam ken, vertrou op U, want U, o Here, verlaat nie diegene wat U soek nie."


11.  "O Here, ons Here, u majesteit vul die aarde! U heerlikheid is hoër as die hemele."

Bybel Notas!!

Kies die regte Skrifgedeelte:


1.  “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê."


A. Markus 10:

B. Handelinge 12:

C. Johannes 3:


2.  "In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God."


A. Jakobus 5:

B. Lukas 8:

C. Johannes 1:


3.  "Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie."


A. Handelinge 18:

B. Openbaring 20:

C. Johannes 14:


4.  "Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.  Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.”


A. Johannes 20:

B. Openbaring 17:

C. Matteus 28:


5.  "Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus."


A. 2 Petrus 5:

B. Markus 10:

C. Romeine 3:


6.  "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God."


A. Galasiërs 6:

B. 2 Korintiërs 10:

C. Efesiërs 2:


7.  In die begin het God die hemel en die aarde geskep.  Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.  Toe het God gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.  God het gesien die lig is goed, en Hy het die lig en die donker van mekaar geskei."


A. Eksodus 7:

B. Josua 10:

C. Genesis 1:


8.  "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”


A. Titus 3:

B. Jakobus 5:

C. Handelinge 1:


9.  "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek."


A. Handelinge 8:

B. Lukas 12:

C. 2 Timoteus 3:


10.  "As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word."


A. Markus 15:

B. Hebreërs 8:

C. Romeine 10:


11.  "Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here."


A. Hebreërs 12:

B. Lukas 15:

C. Romeine 6:


Psalm 91:

      "Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind

en die beskerming van die Almagtige geniet,
hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”

Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.

Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.

Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,

vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.


Al val daar duisende langs jou, tienduisende by jou, vir jou sal niks tref nie.  Met jou eie oë sal jy sien hoe die goddelose gestraf word.

Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,

sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.

Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.

Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.


“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”

sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.

'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”

Verlossingsgebed!!

    Hemelse Vader, ek erken dat ek 'n sondaar is.  Ek kom na U toe en vra U om my te vergewe vir my sondes.  Ek gee my lewe vir U.  Kom in my lewe en lei my.  Wys my U wil en nie my wil.  In Jesus se Naam.  Amen.


Sodra jy hierdie gebed gebid het, en jou lewe aan Jesus gegee het, stuur asseblief  'n e -pos na:


navrae@aksiekidzvirjesus.co.za 


Bekeer julle en laat julle doop! Dit is belangrik om 'n wedergeborene te wees.  Jesus kom gouer soos jy dink!! Wees gereed!! Hou jouself besig met God se werk en nie joune nie!!!

Die sleutel vir die Koninkryk van God - Wedergebore!!

Wedergebore:


1. Bekering

2. Nooi Jesus in jou lewe

3. Doop 


'n Nuwe Lewe!!


1. Verhouding met die Here

2. Nuwe Persoon

3. Nuwe Leefstyl

4. Vind die regte kerk

5. Studeer en oordink die Woord van God dag en nag.

6. Leef die Woord van God


Om Jesus te volg moet jy gehoorsaam wees in alles wat Hy jou vra om te doen!! Wat is jy bereid om optegee om Jesus te volg?

Volg:

               Volg : Volg Aksie Kidz vir Jesus Bediening op: https://aksiekidzvirJesusbediening.blogspot.com EN www.aksiekidzvirjesus.co.za