Hallo! Ons is terug! Vandag gaan ons praat oor: Hoekom Christenskap? Deel 1: As jy na die skepping kyk, kan jy sien dat alles perfek gemaak is. Jy, as mens, is ook perfek gemaak na die beeld van God. Jy is deur God geskep. Daar is een God en Hy is die Skepper van Hemel en Aarde. God is Liefde. Hy het Sy eie Seun gestuur om vir jou en my aan die kruis te sterf, sodat ons 'n oorvloedige lewe kan lei. Daar is net een weg en dit is deur Jesus Christus. Jesus is Lewe. Hy is Lig. Onthou jy kry die Hemel en die Hel. Daar is geen tussenin nie. As jy dit nie op God se manier doen nie, deur Christus, sal jy in die Hel beland. Die Hel is 'n plek vir niemand nie. Maar omdat mense hulle rug op God gedraai het, beland mense in die Hel. Johannes 3:16: "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." Johannes 14:6: "Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie." Efesiërs 2:10: "Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel." Alles in God is liefde, vreugde en vrede. God is lewend. Sy Woord is kragtiger as enige ander wapen. Hebreërs 4:12: "Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en dit onderskei die gedagtes en bedoelings van die hart."

No comments:
Post a Comment